Tuisvakansies is goedkoper. . . en beter
Ek kan skaars glo daar is nou presies 58 dae oor voor die oggend van Januarie 2023. Die ergste is ek kan nog net twee keer ’n salaristjek in hierdie jaar verwag.
Daarbenewens beteken dit terselfdertyd dat daardie Namibiese dollars onmoontlik die Nuwejaar gaan sien, want Vader Kersfees en spandabelrigheid is mos ’n tweeling.
Daarna kom die groot dors en hongerly voordat einde Januarie se salarisredding inskop. Dié salaris hou dan ook hoogstens net twee dae, dan sukkel dit weer om kop bo water te hou. Elke maand is net té lank vir meeste mense se salarisse.
Soos dit maar gaan, moet ’n mens van daardie eerste Januarie-“pay” vir die skoolbehoeftes betaal, asook vir die paar biertjies wat jy by die buurvrou se sjebien skuld. Dit terwyl Lewis en Bears maar nog ’n bietjie moet wag. Buurvrou se skuld kan nie uitgestel word nie! Wie weet, sy kan dalk met die dorste in die warm weer vir ’n mens uithelp.
Die slim mense praat mos van klimaatsverandering, dan sê hulle ons moet goed drink wat baie water bevat. Vir hierdie doel is buurvrou Tina se sjebien die enigste en naaste apteek in ons lokasie.
Die ou gesegde “oos wes, tuis bes” is seker van die beste spreekwoordelike uitlatings wat dekades of straks eeue gelede uit ’n kenner se gesonde brein gekom het.
Dit kom daarop neer dat jou huis is waar die hart en siel behoort en nêrens anders nie. Hier kan jy ook baie mooi omsien na die geld wat jy skuld en die paar besittings wat jy ondanks ’n boomskraap-beursie bymekaar kon maak.
My Nuwejaarplan vir 2022 het nie uitgewerk nie. Daarvolgens het ek beplan om vanjaar se Kersfees in Etosha deur te bring, maar die ou geldjies wou maar net nie klop nie.
Ek gee die dekselse Covid-19, die maskers, “sanitisers” vir my kinders en ons ouers se duur kostes die skuld hiervoor, maar ek dank die Vader ons lewens is gespaar.
Hierby kom nog die duur brandstofpryse, stygende kospryse en die taxigeld wat ook net aanhou styg as gevolg van die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne.
Ek kon as gevolg van al hierdie gulsige prysmonsters ook nie meer die “kombo’s” bekostig wat ek in die verlede by kettingwinkels gekoop het nie, want dié pryse het ook skerp gestyg en dit was ook nie geredelik beskikbaarheid nie.
Al hierdie afgelope jare van menswees, het my Nuwejaarswense nog nie een keer uitgewerk nie, maar 2023 sal ek sorg dat dit realiseer, met die Hemelse Vader se hulp. Julle ken my mos. Waar daar ’n wil is, daar sal Thusie ’n weg vind.
Ek is nie eintlik iemand wat sommer gou tou opgee nie. 2023, ek is gereed vir jou. Dis hoekom ek nog voor Desember my Nuwejaarsplanne agtermekaar probeer kry, net om te probeer oorleef en om dalkies ook weer ’n slag iewers heen te kan gaan vir die Groot Dae wanneer volgende jaar se vakansietyd aanbreek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie