Twintig jaar gelede - 13 Januarie 2023

Dinsdag 7 Januarie 2003

- Vee in dele van die land het Sondag gevrek en ’n kerk het Saterdag in die noorde in duie gestort nadat swaar reënbuie op plekke uitgesak het.

- Die land se sowat 80 000 staatsamptenare sal na verwagting binne kort ’n besluit neem oor nywerheidsoptrede teen die staat weens die Regering se versuim om enige salarisaanpassings in die huidige finansiële jaar te implementeer.

- ’n Arend het Vrydagmiddag min skade maar ’n groot uitgawe vir SA Airlink veroorsaak toe dit in ’n Embraer 135 van dié lugredery vasgevlieg het minute voordat dit op die lughawe Eros geland het.

- ’n Volskaalse ondersoek na die byna noodlottige vliegtuigongeluk naby die Internasionale vliegtuigongeluk naby die Internasionale Lughawe Hosea Kutako op 26 Desember het reeds verskeie bydraende faktore uitgewys en die finale verslag sal die dringendheid van behoorlike toerusting benadruk.

Woensdag 8 Januarie 2003

- ’n Klopjag wat die polisie Maandag op vermeende leegleêrs op die straathoeke van die stad uitgevoer het, het nie vrugte afgewerp nie.

- ’n Dringende afspraak met die President of ’n dringende aansoek by die Hooggeregshof was gister die twee bene van verset waarmee burgerlugvaart-operateurs die jongste bevel in die sluitingsdrama van die lughawe Eros bestorm het.

- Bande tussen die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) en die Namibiese Kamer van Koophandel (NCCI) gaan vanjaar verstewig word om arbeidsonrus tot ’n minimum te beperk en om as vennote saam te werk om die ekonomie in die land te bevorder.

Donderdag 8 Januarie 2003

Ná dertig maande van hel en die grootste mate van onsekerheid oor hulle toekoms in ’n Namibiese tronk. Is 74 van die Dordabis-krygsgevangene kort voor Kersfees vrygelaat en aan die Angolese regering oorhandig.

Die instelling van ’n munisipale polisiemag vir Windhoek vanjaar is nou ’n voldonge feit nadat onduidelikheide tussen die Polisie en munisipaliteit oor regulasies oor die bedrywighede van die beplande mag uit die weg geruim is.

Groot ongelukkigheid heers by die lede van die Namibië Staatsdienswerkers-vakbond (NAPWU) ná lidmaatskapfooie in sommige gevalle met tot 3257,2 persent gestyg het.

Vrydag 9 Januarie 2003

- Die Namibiese verbruikers kry aanstaande week die eerste teug vars lug in ’n jaar waarin nog voorspoed kan wag wanneer brandstofpryse verlaag word.

- Die Ministerie van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur oorweeg nié tans stappe teen staatskole wat groter bedrae skoolfonds eis as die maksimum fooie wat nuwe regulasies voorskryf nie.

- Die land is gister geruk deur een van die ernstigste padongelukke in onlangse geskiedenis toe ’n bus wat hoofsaaklik skoolkinders as pasasiers gedra het buite Otavi met ’n vragmotor gebots het.

- Terwyl die stand van damme wat Windhoek van water voorsien aansienlik laer is as die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, is NamWater en die munisipaliteit van Windhoek optimisties dat daar genoeg water tot Julie 2004 beskikbaar is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!