Vaaljapie met ’n snik
Dit was glo nie ’n droewige dag vir al die diere in die veld met Meneer Swartmamba se heengaan nie.
Die bos was wel in stilte gedompel toe hy sy plek bo in die kameelboom se tak met die ewige verwissel het.
Kyk, hy was nie sommer net so ’n Mamba nie, sê dié wat weet. Swartmamba was ’n gerekende in reptielkringe met iets soos 7 000 muise en voëls op sy kerfstof asook etlike ander vee op Boer se plaas waar hy sy laaste mamba-asem uitgeblaas het.
Met die druk van sy begrafnisbrief is daar nie teruggehou nie. Die swart dokument is swierig in goue letters versier met Mamba se hele getuigskrif plus nog ’n bietjie wat in die fijnste besonderhede sy deugde en lewensmylpale uitbeeld. ’n Netjiese swart-en-wit-foto uit sy jeug rond die indrukwekkende brief af.
Die dag met sy roudiens is die bos egter vol lewe. Bloukopkoggelmander, Akkedis, die se neef en Balbyter sit veilig bo in ’n witgatboom by die graf en betrag die petalje van bo af. Akkedis se neef het vir hom vaaljapie uit die Kaap saamgebring. Die sit en suip hulle uit jam-blikke en smul aan sout-en-asyn-Simba-tjips. Hulle is al by die derde dop toe die stoet uiteindelik opdaag.
Dit is ’n aardige en skewe storie met die drie draers. Ses was onnodig, want daar was nie veel van Mamba se anatomie oor nadat Ratel die nag vir ’n take away ’n draai gaan maak het nie.
Geelslang het teen sy sin ingestem om een van die draers te wees en is links voor. (Hy moes al die pad van Maltahöhe met ’n skaaplorrie kom). Sweepslang het uit vrees vir sy lewe ook ja gesê en is regs voor. Dr. Pofadder se seun, Klein-Poffie, het sy vroomste addergesig op. (Die het vir ’n pastoor op Potch geswot, maar is uit die universiteit gegooi toe hy saam met Dekaan Rinkhals se vrou by die swembad in ’n onbetaamlike posisie betrap is.) Die was eers links agter.
Geitjie wou sien dat Mamba werklik weg is en het terstond gewolenteer om te dra. (Die was regs agter, maar het vining besluit om eerder saam te ry, want hy het heeltyd in die lug gehang).
Net Boomslang wou niks met die hele ding te make hê nie. “Ek kyk eerder sêwinsrugby oppie teevee,” het hy ge-whatskap.
Dr. Pofadder is ’n ouderling by die plaaslike Slanggemeente. Hy is netjies in sy beste strepiespak opgetof met ’n wit plastiekroos en pienk sakdoek van Pep in sy baadjiesak. Hy deel die begrafnisbrief uit.
Mevrou Swartmamba gee nou en dan ’n snik en vee haar neus met ’n Edgars-sakdoek af wat ’n verlangse niggie vir haar van Windhoek af gebring het.
Die insekte sit eerbiedig eenkant en wag vir die stoet om tot ruste te kom. Net Duisendpoot is nie daar nie. Miskruier is aandagafleibaar. Die se geduld raak op en waai om ’n misbol te gaan rol.
Dis toe dat Sweepslang sy balans verloor en die skewe spulletjie inmekaarstort. Sweepslang se ego was in skerwe en sy selfbeeld was nooit weer dieselfde nie.
Hoewel almal van sy drinkery weet, moes Pastoor Sebraslang die roudiens lei. Pastoor het vroegoggend al brannas begin vat en het drie keer op pad verdwaal en kom ’n uur laat daar aan toe hy vir Akkedis-hulle bo in die boom hoor rumoer.
Pastoor wil gaan kyk wat bo in die boom aangaan. Maar toe hy die tweede keer sy greep verloor en van die eerste tak af foeter, gee hy op en seil dronkerig teen ’n klip vas voor hy draai-draai koers kies gat toe.
Net toe kom Duisendpoot dreunend in ’n stofwolk daar aan. Dis net klippe soos hy briek. Hy is sopnat gesweet en uitasem en gaan staan met sy hande op sy knieë om sy asem terug te kry.
“Hey jy Duisendpoot, jy is laat! Wat kom maak jy? Die hele ding is al verby en almal is terug veld toe! Ons selibryt, kom eerder op vir ’n knertsie” skree Bloukopkoggelmander sleeptong uit die boom toe hy vir Duisendpoot gewaar, terwyl Balbyter oor sy Rybêns loer.
“Ek het gesukkel om my tekkies aan te trek en die laaste 50 pare se veters was almal geknoop,” sê Duisendpoot voor hy rats teen die boom opklim.
NB: Witborskraai het toe maar die diens gelei. (Hy wou egter nie die beroep na die Slanggemeente as hul nuwe herder aanvaar nie).
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie