Valentynsdag – en daarna. . .?
René Hugo – Valentynsdag het gekom en gegaan. . . Rose is gepluk (of stilletjies gesteel), sjokolade gekoop en sjampanje gedrink.
En soveel harte het vinniger geklop, bokspringe gegee en selfs trane van vreugde of verlange gestort. Dit was alles die dag van 14 Februarie se skuld!
Valentynsdag se ontstaan is vaag. Een teorie is dat dit in die 5de eeu begin is as deel van ’n lente-feesviering.
Maar Valentynsdag, as ’n dag van romanse, het eers in die 14de eeu werklik ontstaan. Die dag se naam is waarskynlik gekoppel aan St. Valentyn van Terni. Hy was ’n biskop wat sy Keiser se bevele verontagsaam het en paartjies in die geheim getrou het ten einde te voorkom dat die man (as ongetroude) na die oorlogsfront gestuur word. So is die Valentyn-naam aan romantiese huwelike verbind.
Die eerste gedrukte Valentynsdag-kaartjies is reeds in die 17de eeu gemaak en tradisioneel met sketse van die Romeinse god van liefde, Kupido, versier. Later, omdat voëls se paartyd in Europa in Februarie is, is sketse van voëls ook bygevoeg as simbool van dié dag. Die ontstaan van geskenke soos sjokolade, rooi rose en sjampanje wat tans tradisioneel aan die dag gekoppel word, is egter onseker.
Vandag word Valentynsdag wêreldwyd gevier. In baie lande is dit selfs ’n openbare vakansiedag. En in die Filippyne is massa-huwelike 'n algemene verskynsel (en ook dus dié dag waarop die meeste huweliksherdenkings gevier word!).
Hier in Namibië vier ons ook Valentynsdag. Moeder kry koffie en beskuit in die bed, Vader kry sjampanje by ontbyt, en kinders gaan skool toe met rooi T-hemde aan en ’n roos (asook ’n geheime dosie sjokolade) in die rugsak. ’n Dag van vreugde, plesier en afwagting.
Die belangrikste kwaliteit van die dag is: liefde. Dit is dié dag waarin jou liefde omhul word deur romantiek. Die dag waarop ons vergeet van kwaad-word, jaloesie, en haat. Die dag waarop woorde, en dade uitgedruk word in toegeneëndheid, samesyn en liefde.
In die Afrikaanse taal is daar soveel verhale, en gedigte oor die romantiek van liefde dat dit moeilik is om een uit te sonder. Maar miskien gee hierdie versie van Ingrid Jonker tog ’n spesiale beeld van Valentynsaand. . .
gisteraand in jou arms
by die perdeskoen maan
pluk ons ’n klawer
met vier blare aan
Maar dan is Valentynsdag verby – en ons voel so ’n bietjie afgewater. . . Wat kan dan nou verder spesiaal wees?
Wel – ek weet van iets baie spesiaal – 14 word gevolg deur 15 Februarie. Dit is die dag wat wêreldwyd erken word as die DAG VAN DIE IETERMAGO.
Ietermago’s is tans die wêreld se enkele grootste teiken vir wildstropery. Daar word beweer dat meer as een miljoen ietermago's in die laaste dekade gevang is vir hul vleis, en die medisinale waarde van hul skubbe.
Hierdie diertjies wat, ten spyte van hulle skubbe, nie reptiele is nie maar wel soogdiere, word geklassifiseer in agt subspesies.Hoofsaaklik net een hiervan (Smutsia temminckii) kom in Namibië voor.
Hoewel daar in ons land ook stropery is (meer as 500 gevalle is die afgelope ses jaar aangeteken), is daar tans ook georganiseerde bewaringsprogramme. Maar Namibië (eie aan sy aard?) het ook spontane bewaring! Een voorbeeld is die Ju/’hoansi San-mense wat die ietermago as heilig beskou. Hulle glo ook dat ietermago’s reën bring – en sodoende hulle oorlewing in die Kalahari moontlik maak.
Op 14 Februarie stuur ons vir ons geliefdes kaartjies met blomme, hartjies en dalk ook voëltjies, om ons liefde te betoon. Kom ons dink groter as voëltjies – kom ons bewys ons liefde aan daardie spesiale diertjie, die ietermago. Mag hy deur Namibië se omgee gered word.
– Gasspreker
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie