Valstande – sonder voorgee
Ander aand span ek op die TV-bank uit, toe vroulief suutjies hier van agter omstap en met ‘n afbuig in my bakkies in kom loer.
Van aangesig tot aangesig, soos die Bybel sê.
Whaaaa! Aaa-haaaaa!
Wa-ahaa!
Whieee!
Nie van skrik nie. Vannie lag.
Sy het van daai vrot partytjietandjies wat mens in verraspakkies by die winkel kan koop in haar mond ingesmokkel.
Daai waarvan die meeste klawers uit die glimlag geplunder is, en net so ‘n paar, skewe spikkelnommers oor die onderlip uitsteek.
Amper soos Oom Des Erasmus se uittand-langnaweek, maar met nog baie meer vakansie as wat ‘n gesonde ekonomie kan duld.
Kyk, as jy dalk ook van kleins klappertandbang vir die artse van die gebit is, sal Dapperrerige Daniëltjie jou nie verkwalik as jy so effens lang ...
... tand vir hierdie storie raak nie.
En jare gelede het ek dalk al ook geskryf hoe ‘n goeie Engelse sokkervriend en mede-afrigter hom haasbek wou lag oor hoe die boere van ‘n feetjie ‘n muis gemaak het.
Ounag. In ‘n skoolkoshuis. In Swakopmund. Terwyl ons span voor die eindstryd genoeg moes rus.
Sy naam was Ashley Walden.
(Ek soek hom tussen die kake van die wêreld se alomteenwoordige wolf. Die een wat nooit ophou hardloop, of stop om te rus nie. Al hang sy rooi tong hoe laag. En soms klap hy sy elektroniese bek om mensekinders vas. Wolf se snoet kan bloot ‘n paar spore van Ashley se pa Allan raaksnuf.)
Ek wil die rekenaar toeklap. Maar ek kan nie.
‘n Feetjie fladder.
‘n Muis byt. Of knibbel.
Net ‘n rot knaag?
Vroulief Josie val hier van links af in, letterlik by die skrywe hiervan, omdat ek ‘n bek vol tande het wat nie op die papier wil uitval nie: “Rot en kaal.”
Inflasie is toenemend besig om aan ons soettand te wikkel. Trek is om die draai.
Ons enigste oorblywende vleistand hang aan ‘n senudraad.
Wat die oog nie sien nie, kan die kies nie seer maak nie.
“Josie, Ant Sannie van Koës en haar man, Oom Koos, gaat nooit hierdie storie kleinkry nie. Kinders, kleinkinders, agterkleinkinders, spierwit melktandjies, gevlekte bosslagters soos Oupoot s’n of te not.”
“Wat maak dit saak my man? Iemand moet die monster van lees voer?”
Ashley, waar is die feetjie?
Die koste van die wegsteekvergoeding onder kopkussings het so gestyg - van halwe sente verby enkel- en dubbelsyfers tot by drie - dat sy nie meer haar vlerke kan sprei nie? Aard- en planeetgebonde.
Waar die muise trippel en die rotte skarrel.
En spitsoor vir die geluid van ‘n towerfluit wag.
Dapper kyk regs op vanaf die skootrekenaar se skerm. Josie het daai tande terug in haar mond gesmokkel.
Sy glimlag.
En gee vir my ook ‘n stelletjie aan.
Ek wikkel dit onder my bo-kaak in.
En ons smaail.
Wa-ahaa!
Whieee!
“My man, ons afspraak by die Groot Arts is geboek.”
“Maar kom ons kyk eers of mens met hierdie tande kan vry ...”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie