Van nuuskantoor na die klaskamer
Ek verlang klaar na die gewoel van die nuuskantoor.
Die geskel oor wie die laaste moerkoffie uit die pot gegooi het en nie weer gemaak het nie. Dit was die derde pot vir die oggend.
As jy nog nooit ’n joernalis was nie, sal die gesprekke en kommentaar tydens ons nuusvergadering om 08:00 jou verstom. Ons praat nie eens van ons donker sin vir humor en gedurige geskel nie. Dit is alles deel van hierdie beroep wat ons op onverwagse maniere getref het – gebeure, trauma en die hartseerste stories uit ons samelewing.
Nou is ons effens gekneus, maar dit is die liefde vir die gejaag van die mediawêreld wat ons dag na dag na elke spertyd dra.
Tydens my tyd as hofverslaggewer is ek aan die lelikste van die lelikste blootgestel. Strafregtelike sake van bejaarde vroue wat verkrag word, honderde sake van vroue wat deur hul mans vermoor word, kinders. . . ja, oor die kinders praat ek nie graag nie.
Dit was soms moeilik, maar ek het geweet ek is die enigste skakel tussen die oom op sy sitkamerbank met ’n koerant in die hand en die walglike werklikheid van wat in ons howe aangaan.
Dit was iets wat ek gedink het mense moet weet van die land waarin ons woon.
Ek sê altyd joernaliste is die kakkerlakke van die samelewing. Hulle doen dalk die vuilwerk vir “peanuts”, maar dit is die belangrikste werk in enige demokratiese land.
Trouens, kakkerlakke speel ’n deurslaggewende rol in voedingstofryke siklusse binne ekosisteme. Hulle vreet verrottende materiaal en hul voedingstofryke ontlasting help hulle om elemente soos stikstof en koolstof te herwin, wat grondgesondheid bevorder.
Joernaliste is ’n unieke spesie en ek sal vir die res van my lewe ’n opregte waardering vir die beroep hê.
Daar is geen joernalis in die wêreld wat hierdie beroep vir die geld kies nie – dit gaan oor iets veel dieper as hul sakke.
Dis met ’n swaar hart dat ek hierdie week die koerant en die nuuskantoor groet, maar ’n mens kom by ’n punt wat al die negatiwiteit aan jou begin wegvreet.
Met ’n beroepsverandering hoop ek om bietjie meer lig in my lewe in te bring. Watter beter plek om dit te gaan soek as by kinders?
Ek is nie naïef genoeg om te dink skoolgee is vir sissies nie, inteendeel, ek weet dit het ook sy uitdagings.
In my kop verbeel ek my ek gaan van kakkerlak na miertjie. Ook klein en hardwerkend, maar net so belangrik vir die samelewing.
In ’n wêreld van leeuprokureurs, jakkalssakemanne en olifantdokters, is ek tevrede daarmee om die klein outjie te wees. Ek belowe egter my impak gaan nie gering wees nie. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie