Gerine Hoff
Gerine Hoff

Van ‘road rage’ en ‘rantings’

Gerine Hoff
Ek sê dit nie met trots nie, maar ek het road rage.

Ook maar goed ek werk van die huis af en gaan net kantoor toe wanneer dit nodig is, want dan ry ek nie in spitsverkeer nie, en my humeur is heelwat kalmer.

Maar laat ek net ’n paar minute laat wees vir ’n afspraak of vergadering en die heelal sal my uittart met Captain Slow wat voor my ry, of ’n lorrie, of ’n kavalkade en dan is my bloeddruk weer deur die dak.

Ek besef dis my eie skuld dat ek laat is, niemand anders s’n nie, maar moet sulke dinge regtig gebeur as jy op jou haastigste is?

Ek besef ook ek is nie die enigste ene in hierdie bootjie – of wel, karretjie – nie (hier dink ek aan my pelle Ruhan, Mara en Elzeth), maar dit lyk my daar is heelwat ander mense wat ook hierdie kwaadheid het... En lyk my ons is almal gelyktydig op die pad!

Ek wil nie blameshift nie, maar daar is wragtie mense op ons paaie wat, voel dit vir my, daarop uit is om my te tart. . . Een daarvan is as iemand op jou boude ry. Die scenario is dít: Jy ry binne die spoedgrens (lol, vir ’n slag!) en daar is ’n stroom karre voor jou. Maar Meneer of Mevrou in hulle SUV met personalised number plates wil heel duidelik hê jy moet vinniger ry. Skielik is daar ’n gaping in die baan langs jou en hulle vat hulle kans om jou verby te steek. En vinnig ook. Net dat die volgende verkeerslig hulle ook stop.

Hehe.

Nog iets wat my vreeslik frustreer is daai mense wat nie kan besluit of hulle stadig of vinnig kan of wil ry nie. . . Dit is asof hulle in hul eie klein wêreld is, heeltemal onbewus van die verkeer rondom hulle. Seker omdat hulle besig is om ’n gesprek op hul selfoon te voer. Nog nooit gehoor van bluetooth nie?

En dan is daar die ouens en vrouens wat onseker is oor in watter baan hulle moet wees. Dan ry hulle maar sommer in die middel van albei, net om voor jou in te ry wanneer jy wil probeer verbykom. Ewe erg is wanneer hulle in die verkeer in en uit vleg asof hulle in ’n videospeletjie is. . . En surprise! Daar stop die verkeerslig jou weer!

Dan is daar sekere mense wat lyk my sonder vingers gebore is en nie weet hoe om ’n flikkerlig te gebruik nie. Nee, niemand anders weet dat jy van baan wil verwissel, wil afdraai of wil parkeer nie. Dis regtig frustrerend, want dis so ’n eenvoudige ding om te doen. En nee, dit tel nie wanneer jy dit skielik aansit terwyl jy draai nie.

Nog ’n frustrasie is wanneer mense kruisings blokkeer omdat hulle dink daar is nog ’n plekkie vir hulle oop aan die ander kant. Newsflash! Daar is nie!

Al ooit gehoor van bly links en gaan regs verby? En dat stadiger verkeer in die linkerbaan bly? Wel, dis die reël. Bly in jou baan, of jy bly stil in die woorde van Van Pletzen en Jack Parrow.

Die laaste van my rantings. . . Mense wat nie binne die lyne parkeer nie. Komaan! Jy is nie die enigste een wat nie jou kar gestamp wil hê nie! Of kan jy ook nie in die lyntjies inkleur nie?

Daarmee sluit ek af. Kom ons probeer meer bedagsaam teenoor ander wees.

Dit, en ry vyf minute vroeër!

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!