Vandag – eers jóú storie. . .
Theresa van Zyl – Aan die begin van Februarie het ons begin deel in ’n storie, sommer net vir die lekkerte daarvan. Onthou jy?
Ek weet daardie storie voel op die oomblik ver terug in tyd, want die léwe het intussen gebeur, onverpoosd voortgestu en jy en ek sukkel om te fokus op ’n storie terwyl ons – jou en my eie stories – op ’n “cliffhanger” huiwer. So kom ons los die storie vir ’n volgende keer. . .
Ek nooi jou om verder te lees. Dalk maak dit ’n verskil aan jou vandag, of jou môre. Dalk is dit nou eers tyd om die bladsy van ons lewe van vandág te lees met ons gees, te bedink met ons siel en te luister na die Hart van ons Vader, wat nét ’n goeie plan vir jou lewe het. ’n Goeie plan wat stukkie vir stukkie ontvou deur op die voetpad van vrede te bly.
Daar het soveel dinge in Februarie-maand gebeur – in ons land, in die wêreld en in jou en my lewens. Verandering is ’n onbetwisbare deel van die lewe – maar verandering gaan altyd gepaard met gedagte-storms, ou deure wat toegaan en nuwe deure wat oopgaan. . .
En, wanneer ’n nuwe deur oopgaan, is die geleentheid daar – maar dit is en bly steeds jóú en jou keuse alleen of jy oor die drumpel van daardie nuwe deur in jou lewe gaan stap. Dis ’n besluit wat nie ligtelik geneem kan word nie, want dit verander die koers van jou lewe tot dusver en lei jou op ’n nuwe pad.
Om uit te vind of dié nuwe pad nou – op hierdie oomblik vir jou bedoel is en of dit slegs ’n ompad of ’n verbypad is, selfs ’n misleidingspad – is verskriklik belangrik.
Gaan dit jou ’n paar dae neem om in lyn met God se Plan vir jou lewe te kom? Of gaan jy 40 jaar van jou lewe mors in die woestyn, terwyl jy bestem was om by die oase, die land van melk en heuning uit te kom en jou deel in volle maat te ontvang?
So dink, besin en maak jou besluit.
Eers alleen, binne jou eie wese en in innerlike samesyn met jou Hemelse Vader. Hy het jou klaar toegerus met alles wat jy nodig het om die regte besluit te neem. Die redeneringsvermoë en die immer teenwoordigheid van die Heilige Gees.
Maar die stap is joune, die keuse is joune en wanneer jy oor daardie drumpel van die nuwe deur stap, is die verantwoordelikheid joune. Hy is alreeds aan die anderkant daarvan en Hy weet wat moet wees en wat nié.
Volg vrede, want dít is hoe Sy Gees jou lei elke keer, sonder uitsondering. Vrede is die regte pad, die regte keuse. Sodra twyfel, angs of onrus intree en jy jou vrede verloor, wat ook jou vreugde steel – is daardie deur nie vir jou bedoel nie. Nie nou nie.
Nou ja, al voel dit asof ons in hierdie afgelope twee maande al ’n halwe jaar se leef volgemaak het met pligte en vol skedules en tyd wat te gou verbygaan – ons staan maar aan die begin van die derde maand van hierdie jaar. Die jaar is nog jonk.
Probeer iewers tyd neem vir jouself, tyd wat jy sal moet máák, anders gaan dit nie kom nie.
Kom alleen, raak stil. Dink en voel en reflekteer. Het jy vrede? As jy nie het nie, maak daardie deur toe of maak die deur oop – en volg wat ookal vir jou vrede gee. Dit en dit alleen is jou porsie. . . En dan word die enkel porsie ’n dubbele een van se?n. Die se?n van vrede en oorvloed.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie