Veiligheid in die digitale oerwoud
Met die sperdatum vir die registrasie van simkaarte wat al nader kom, is gesprekke oor digitale- en kuberveiligheid nou op die tafel. Moet jy tog maar toelaat dat MTC jou biometriese inligting neem of nie? Dít is ’n persoonlike besluit, maar MTC moeding sy gebruikers aan om wel in te stem met beloftes van verhoogde digitale veiligheid.
Digitale- en kuberveiligheid is vir talle mense – veral die ouer generasie – ’n groot kopseer omdat dit maklik kan voel asof daar ’n aanval om elke hoek en draai wag. Dit kan met enigiemand gebeur, maar as jy sekere maatreëls toepas kan jy jou bes doen om aanvalle van dié aard te vermy. Hier volg ’n jong en ietwat digitaalgeletterde persoon se gids tot digitale veiligheid en kubersekuriteit:
•Skep ’n wagwoord-storie. Moenie jou wagwoord vir elke moontlike intekening wat jy het jou kind se naam en verjaarsdag maak nie. Skep liewer ’n storie – en onthou, hoe lawwer, hoe lekkerder. Byvoorbeeld: Die Pienk Ponie Spring Oor Die Blou Baba. Vat die eerste letter van elke woord en jy het DPPSODBB – nie iets wat ’n kuberkraker maklik sal kan raai nie. As jy ’n nommer moet bysit, sit jou gelukkige nommer agteraan – solank jy nie jou gelukkige nommer op sosiale media uitbasuin nie, behoort dit redelik moeilik te wees om die nommer reg te raai.
•Skryf jou wagwoorde neer. Dit klink dalk snaaks, maar dit is beter om jou wagwoorde op ’n papier neer te skryf en dit in die laai langs jou bed te bêre as om webblaaie te vra om jou wagwoord vir jou te stoor. Jy het meer beheer oor die papiertjie in die laai langs jou bed as oor die doen en late van maatskappye soos Google en Meta. Indien kuberkrakers toegang tot jou rekenaar verkry, is dit dan moeiliker om by jou verskeie aanlyn rekeninge, soos dié wat jy vir jou aanlyn bank en sosiale media het, in te teken.
•Vermy webblaaie wat verdag lyk. Vir baie mag dit dalk hartseer wees om te hoor daar is nie skatryk Russiese poppies wat graag aanlyn geselsies met jou wil aanknoop nie. Swendelaars sal wel graag met jou wil praat. Om ander redes, natuurlik. As dit te goed klink om waar te wees, is dit heel waarskynlik.
•Moet nooit die nommer vir iemand oor die foon sê nie. Indien iemand jou bel en sê hulle is van die bank en hulle het enige wagwoorde of PIN-nommer van jou af nodig – moet dit nie verskaf nie. Daar is geen rede vir jou bank om hierdie inligting van jou te vra nie. Hulle het reeds toegang tot jou rekening en hulle het nie ‘n wagwoord daarvoor nodig nie.
•Moenie op die skakel klik nie. Indien jy ’n e-pos ontvang wat sê jy moet om een of ander rede dringend by jou aanlyn bankrekening inteken, moenie op die skakel in die e-pos klik nie. Swendelaars skep webblaaie wat presies soos jou bank se webblad lyk, maar eerder die inligting waarmee jy “inteken” vaslê. Hiermee kan die swendelaars dan toegang verkry tot jou bankrekening. Die algemene naam daarvoor is “phishing”.
•As dit verdag lyk, dan is dit. Enigiets wat nie reg lyk nie, is waarskynlik nie. Veral met betrekking tot jou bankbesonderhede moet ’n mens liewer veilig wees. Ek sou liewer bank toe ry en my sake daar afhandel as wat ek waag om die veiligheid van my bankrekening in gedrang te plaas.
- [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie