Verdwaald
Charlotte Beukes-Muundjua
Daardie situasie (si-tjoe-hasie) – die hasie beland by die verkeerde stasie.
Die dot-kom-geslag sou sê: “Current situation: I’m lost.”
Ek is verdwaald.
Elkeen het tog al in sy leeftyd verdwaal. En ek glo die situasie ontketen dieselfde emosies:
angs, verwarring, verlorenheid, benoudheid ...self opstandigheid teenoor jouself. Hoe de duiwel verdwaal ’ṅ grootmens? Dis mos kinder-doendinge.
Nou, hierdie ekke is letterlik minister van verdwaalwese. Uitstekend daarin om die verkeerde afdraai te vat.
Ek lag nou in my enigheid oor hoe ek Windhoek in die laat 80’s leer ken het.
Verhuis vanaf die platteland, dít op sigself was traumaties; ’ṅ volwasse boom verplant in ander grond, en boonop ’ṅ rumoerige stad.
As ’ṅ dapper-stapper “plaasgirlkie” besluit ek om elke dag werk toe te stap vanuit Liliencronstraat in Eros tot by die Gustav Voigts-sentrum. Die pad is redelik reguit, maar toe loop ek eendag verby die sentrum en skielik lyk die winkels anders. Dis toe dat ek Kock & Schmidt-handelaars ontdek – ’n eksklusiewe winkel met Duitse invoer-linneware. Ek het ook só vir Gorelicks ontdek waar ek duplikaatsleutels laat maak het. En terselftertyd weet ek toe waar die munisipale kantore is. My eerste “verdwaal-bargain”.
Madam raak dapperder en vat ’n ander roete – en dis waar dit neuk! Het julle al so verdwaal dat jy selfs die pad terug byster geraak het? Verdwaal-kwadraat! Jy voel jy loop letterlik teen jouself vas. Die sweet begin tap, jou netjies ingedraaide hare wat glansend was, sweet in ’n kroes punk! Hart klop in die keel, derms knoop, keel trek droog. Angs-kwadraat!
Heel van koers af. Was ek liewer ’n posduif.
Konsentrasie borrel soos kookwater.
Jy voel soos ’ṅ spelende katjie wat verstrengel geraak het in ’n bal wol.
Hoe erg nog as jy laat is vir ’n belangrike afspraak – jy is te voet, want die plek is glo nie te ver van jou werksplek af nie en die stadsmense beduie met vinnige arms, natuurlik, want dis hulle plek. (Die stadsmense is darem bot!)
Maar het julle ooit aan die positiewe sy van verdwaal gedink? Jy is eintlik op ’n onbeplande ontdekkingsreis. Dis onmoontlik dat jy in jou verdwaaldheid nie iets anders ontdek het nie.
Ek sweer, as gevolg van verdwaal, het iemand sy lewensmaat ontmoet, ’n ou skoolmaat raakgeloop.
Ons lelike verdwale in Kaapstad het ons die beste plekke laat ontdek, soos Noordhoek – ’n klein paradys met die mooiste perde.
Hoe spoggerig kon ek later my ou Windhoekse kollegas ’n plek uitwys wat ek op ’n verdwaaldag ontdek het. Ek het begin leer watter strate is in watter woonbuurt. Jy stel vir jouself bakens en so raak die minister van verdwaalwese die minister van rigting.
Soms vat ek steeds met opset ’n verkeerde afdraai om te sien waar kom ek uit en hoe jy ’n ander roete kan kry.
My jongste verdwaal was by SKW. Ek kom uit die toilet en neem weer die verkeerde draai tot binne-in die kombuis.
Nou weet ek ook hoe netjies hulle kombuis is, en al die kokke is reg geklee.
Dankie, Vader, vir armoede en voetslaan-jare. Ek is nou amptelik ’n mini-Columbus op land!
Bravo aan die uitvinder van die GPS!
- Gasskrywer
[email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie