Verlos jou van vrees en vind vrede
Zandré sê maar net - [email protected]
Die afgelope paar jaar, gewoonlik op 1 Januarie, kies ek vir myself ‘n tipe van ‘n "motto" of tema vir die jaar.
Ek probeer dwarsdeur daardie jaar myself uitdaag om hierdie “motto” te probeer behou, bereik of baas te raak. Hierdie jaar was my keuse verlos jou van vrees en vind vrede. Ek is een van daardie mense wat altyd aan die ergste dink, die bobbejaan ver agter die bult gaan haal! Sommer gou is ek in ‘n “flat spin” oor wat as of wat nou.
Dit gee jou nogal grys hare. Oor die geringste dingetjie stres ek myself op en dan op die ou einde van die dag het die ergste toe glad nie gebeur nie (wel meeste van die kere).
So, ek wou die jaar myself uitdaag om myself los te maak van al die vrese wat ek glo met my of in my lewe kan gebeur. Dis definitief ‘n daaglikse stryd en keuse om jou vrese vierkantig in die oë te staar en sê hokaai! Ons almal het dinge waarvoor ons bang is en dis nou nie die spinnekop agter jou spieël in die badkamer-tipe bang nie. Dis die dinge wat jou lewe omkrap, die dinge wat jou lewe kan verander op slegte maniere, dis mense, dis emosies. Vir jou is my vrese dalk niks en jou vrese vir my weer niks. Tog is dit iets wat jy as mens moet deurwerk.
Vrees is iets wat jou van binne kan vernietig. Dit kan jou geluk en vreudge heeltemal steel. Ek het gevoel die jaar is dit tyd dat ek myself verlos van my vrese en vrede in my hart vind, dat die lewe elk geval nie in my hande is nie. Dat dit wat oor jou pad kom, hanteer kan word op daardie oomblik. Vandag is vandag, môre is nie ‘n waarborg nie.
Ek sal nie sê ek is na 11 maande stresvry nie, maar ek dink tog ek beheer my spanning beslis beter en dat ek myself van my grootste vrese verlos het. My hart het vrede oor die dinge wat altyd ‘n vrees was. Die lewe is ‘n gegewe, ek besef dit elke dag al méér.
So rukkie terug is ek en die kindertjies op pad na my oupa se verjaarsdag toe ons verby ‘n baie lelike motorfietsongeluk ry waar die man oorlede is. In daardie oomblik was ek naar, angstig en vol vrees, want wat as... Die volgende oggend het ek net weer eens opnuut besef dat jy nie jou dag met vrees kan vul nie, maar eerder jou dag met vreugde en absolute hartsvrede moet vul, want jy weet nooit wanneer jou lewe hier op aarde voltooi is nie.
So, mag jy liewe leser, totale vrede in jou hart ervaar oor die dinge wat jou vrees. Mag jy, tydens hierdie vakansie of feestyd jou verlos van die dinge wat jou verhoed om voluit te lééf!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie