Verwarring uitgeklaar

Kristien Kruger
Dit is onlangs onder die aandag van Republikein se redaksie gebring dat die artikel getiteld “Gobabis-kerklidmate ‘seksueel uitgebuit’” moontlik die wanindruk kon skep dat dié aantygings van seksuele dade teen mans, vroue en kinders spesifiek teen die pastoor van die Enlightened Christian Gathering Church (ECG) op Gobabis gemaak is.

Die aantygings wat op ’n voormalige assistent-pastoor van die kerk, Cosmas Munkanda, se Facebookblad gemaak is, was egter gerig op pastore van die ECG-kerk in die algemeen in Namibië en nie noodwendig net die hoofpastoor op Gobabis nie.

Die aantygings is die fokus van ’n hangende lastersaak wat op 11 September in die hoërhof in Windhoek sal voortduur.

Republikein vertrou dat die verwarring uitgeklaar is en die saak hiermee reggestel word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer