Foto argief
Foto argief

Verwronge Kersviering

Charlotte sê maar net – [email protected]
My mense...waantoe is ons oppad?

Dis weer Kerstyd, ’n tyd wat my gedagte teen megabytes laat loop oor die mens se vervalle waardes..

Ek kriewel; voel ontuis en verlore oor dieselfde oploop wat voel soos ’n marathon na die perfekte klatergoud Kersviering. Vir my is dit yskoud, leeg, doelloos. ’n Verwronge viering. Voel julle ook dit ook?

Die ysige liefdeloosheid wat hoogtepunt teen Kerstyd bereik? Of is ék die probleem as diep denker; ’n siel met té intense gevoel?

Ons lewe alreeds asof ons vir ewig tyd het op hierdie aarde, en eintlik is ons tydelike reisigers. Dan kom Kerstyd en ons raak meer verward oor wat rerig moét saak maak.

In my geestesoog sien ek mense wat rondskarrel, soekend na meer besittings, ’n kwylende mond van geld-honger. Ons loop vererg verby n verhongerde straatkind, met sakke wat kreun van “snacks” en geskenke maar een pakkie Simba chips wil ons nie afdeel, om ’n enkele piesang weg te gee sal ons verarm. Madam sit met haar lang naels in die huurmotor se voorsitplek maar sal nie ’n kreupel bejaarde die voorreg gee van die gemaklike sitplek nie.

Jou huishulp van meer as 10 jaar gaan huis toe sonder ietsie ekstra vir haar kinders, net ’n menslike gebaar vir liefde vir ’n ander vrou se kind. Kersdag moet ’n heilige tyd wees want dis die viering van Ons Skepper se Seun wat in ’n armoedige krip tussen diere gebore was.

LET WEL: ’n hoogs armoedige geboorte. Ons moet rustig raak; weer klein en nederig voel voor ons Groot Koning se geboorte herdenking.

Maar nee, ons móét ’n spesiale uitrusting het vir die groot verjaardagviering; ons móét nuwe naels insit gepas vir krismis; ’n nuwe haarstyl, nuwe juwele,...... ons nodig, nodig, nodig sonder einde! Ek wil braak om mense te sien skarrel na meer. Voel daar hang ’n donker wolk van waansin in plaas van ’n reënboog van vrede.

Ons is hartseer oor ’n swak of goedkoop geskenk. Nou vra ek: wie het verjaar? Hoekom moet j? ’n geskenk kry? Wat is jou idee van ’n geskenk? Net monitêr? Wat van ’n salige familie bederf soos ’n heerlike kuier by die dam, ’n outydse piekniek met vrugte en suiwer sap, krismiskoekies? Hoekom wil ons ten duurste ons Koning se verjaarsdag herdenk? Hoekom al die alkohol en partytjies?

My mense, raak kalm, doen introspeksie. Ondervra jouself waaroor gaan Kersfees eintlik. Waar het ons die dieper betekenis verloor? Gaan ons net met die nimmereindigende moderne stroom om nie uit te mis, om te “behoort” aan die massas? Daar is gesinne uitmekaar geruk as gevolg van sterftes. As iemand huil oor ’n klein bonus, dink aan die man wat sy vrou en kinders in ’n grusame ongeluk verloor het. Probeer indink sy emosionele lyding, die leemte wat geen geld kan vul.

Soos ons praat blaas iemand sy laaste asem uit. Het die persoon kans gehad of tyd gemaak om meer liefdevol te lewe? Sy hand uitreik na ’n behoeftige of het hy met leemte en koudheid vertrek? Dink net, as elkeen ’n klein daad van omgee per dag doen, watter positiewe energie gaan uitkring. Dit sal gepaard gaan met minder veroordeling en sodoende minder vrese vir verwerping. Meer samehorigheid, meer aanvaarding , meer vrede.

Was dit nie altemit Ons Skepper se meestersplan nie? Juis daarom is ons onvolmaak sodat ons mekaar kan aanvul. Laat ons feesviering terugkeer na geloof, hoop en liefde. Vir baie is hierdie Kersgety ’n laaste. Klim in jou hartkamer en maak reg. Begin ’n warmer, ryker lewe soos die Groot Boek spreek.

Geseënde Kersgety aan almal.

– Charlotte Beukes-Muundjua

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!