Vind jou passie en jaag dit volstoom na
Ek skryf al vir meer as twee jaar oor die ontsagwekkende, ongelooflike en inspirerende mense wat ons in ons land het en glo my daar is duisende.
Ek weet nie of ek dit net nou meer oplet met my eie aftrede wat slegs ’n paar jaar weg is nie, maar ek skryf toenemend stories oor mense wat op ’n hoë ouderdom met baie min hul droom begin volg het.
Die mees onlangse een is van Trudie wat ses jaar gelede op die ouderdom van 66 haar pasta-droom begin het. Sy het Truda’s Pasta begin en in haar woorde: “Ek staan elke dag met ’n lied in my hart op. Ek is so gelukkig soos nog nooit tevore nie.”
Daar is Talana wat op 53 ’n restaurant op Hentiesbaai oopgemaak het en wat vanjaar sy 20ste bestaansjaar vier. Sy het intussen afgetree en haar dogter het oorgeneem. Dit is dus die tweede generasie wat nou in haar droom se voetspore volg.
Die lys is lank. Hierdie is mense wat net voor of ná hul aftrede besluit het om hul drome na te jaag.
Almal het ook gesê hulle is spyt hulle het dit nie vroeër in hul lewe gedoen nie.
“Dit voel vir my asof ek nou so min tyd het om die restaurant te sien groei en tot sy volle potensiaal te kan uitbrei,” het Talana gesê.
Volgens die mense het hulle die normale 08:00 tot 17:00 werk gehad om geld te verdien want daar was rekeninge wat betaal moes word. Hulle is almal oortuig dat as hulle vroeër hul drome begin najaag het, kon hulle ’n groter sukses daarvan gemaak het. Langer elke oggend met ’n lied in hul hart opgestaan het en net in die algemeen baie gelukkiger gewees het.
Die Covid-19-pandemie het ook talle mense gedwing om uit die boks te begin dink en ander werk te gaan soek. Hier dink ek aan mense soos Alta wat uiteindelik die dansstudio van haar drome geopen het. Sandri en haar sussie wat begin het om kos voor te berei, te verpak en ander vrouens se lewens makliker te maak.
Ek dink dié vroue kan net ’n voorbeeld vir almal daar buite wees wat ongelukkig in hul werk is, wat kort voor aftrede is, wat by die huis sit en nie werk kan kry nie of wat net ’n verandering in hul lewe nodig het.
Baie van hulle het gesê hulle het die stap geneem sonder baie geld in hul rekeninge, maar met hope passie in hul hart. Dit hoef nie miljoene te kos nie; begin klein en onder.
Begin om iets te doen wat jou gelukkig maak en in die oggende uit die bed uit jaag; oor naweke ook.
Vind jou passie en streef daarna om dit voluit te leef want op die ou einde is die lewe te kort om elke oggend met ’n sug wakker te word, met ’n swaar hart die huis te verlaat om werk toe te gaan, elke dag en jou lewe om te wens.
Kry beheer oor jou lewe, vind jou geluk en hou op om te dink dat die situasie waarin jou nou is al is wat jy werd is en die lewe jou kan bied.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie