Vindingryk en anders
Sê maar net 30 jaar gelede
Inisiatief is ’n wonderlike ding en dis hoekom baie mense karre ry wat soos Concordes lyk en kan bekostig om huise op heuwels te bou waar selfs die bobbejane versigtig trap. Vir verskillende mense beteken dit verskillende dinge.
Vir ’n nuusredakteur van ’n koerant is die toppunt van inisiatief byvoorbeeld ’n verslaggewer wat nie heeldag op ’n hoop gevrek sit en hoop op wonderwerke nie, maar in die stad en in mense invaar en met die beste of die skandaligste stories vorendag kom.
Elke mens het ook sy eie vertolking van inisiatief. Mike Tyson het baie inisiatief aan die dag gelê toe hy op jeugdige ouderdom die wêreld-swaargewigtitel ingepalm het. Toe dink hy hy lê eweveel daarvan aan die dag toe hy ’n jong swart skoonheidskoningin na sy kamer genooi, die perke van vatterigheid oorskry en laasweek aan verkragting skuldig bevind is.
Dit het baie herinner aan die inisiatief van die eertydse Suid-Afrikaanse statebondskampioen, Dennis Adams, wat in lewe ’n bondel spiere en gemeenheid was. Soos Tyson, het hy ook uit die “gutter” uit gekruip en ’n pad na roem oopgeslaan. . . toe weer soos Tyson teruggekruip donkerte toe, so asof die son te skerp was.
Adams, wat allig ook ’n wêreldkampioen kon geword het as hy maar net sy hande van meisies, drank en dagga kon afgehou het, het ook in die Johannesburgse hooggeregshof op ’n aanklag van verkragting tereggestaan.
Die klaagster was ’n tengerige meisietjie van Hillbrow, waar Adams baie van sy tyd deurgebring het. Hy het uit die staanspoor die houding weerspieël van ’n man wat besonder baie inisiatief aan die dag gelê het toe hy die meisie met sy gevegskunsies oorrompel en onteer het.
Die regter het dit ook in só ’n lig gesien, want hy vra toe vir Adams of hy dink dit het veel inisiatief geverg om die meisie eers drank te voer en haar daarna te onderwerp.
Hy voeg ook by: “Jy is ’n kampioenbokser, die meisie is tengerig en kon haar sekerlik nie teen jou verweer het nie.” Byna dieselfde vraag as een wat aan Mike Tyson gestel is.
Adams het geglimlag en aan die regter gesê: “I’m a lover and not a fighter.”
Dié inisiatief het hom niks in die sak gebring nie; hy is net gouer skuldig bevind en gevonnis omdat die regter inisiatief in ’n ander lig vertolk het. Dit bly egter een van die “classics” in Johannesburg se “gutter” -boksannale.
Nemesis het intussen ook aan die werk gespring en ons hoor op ’n dag dat Dennis Adams nie meer van dié wêreld is nie. Toe ons wil vasstel of hy dalk sy pad oor die groot rivier oop geslaan het, stel ons vas hy het weer sy inisiatief in die verkeerde gate gekanaliseer.
Hy is op die tafel van ’n masseersalon aan ’n hartaanval dood onder die hande van een van daardie destydse sekstegnici wat alles behalwe ’n kennis van gesondheidsmassering gehad het.
Salig is hy dus oor die groot rivier. Gedagtig aan die regter se vroeëre woorde, het van my kollegas gesê: “Jy kan nie stry nie, hy het wragtig inisiatief gehad. Dit sit nie in elke man se broek om só dood te gaan nie!”
Ek was daarna vir ’n paar dae lank heeltemal verwar oor die begrip van inisiatief.
Totdat die nuusredakteur my daaraan herinner het dat stories nie aan bome groei nie. – Dinsdag 18 Februarie 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie