Vlug na Kaapstad
Charlotte Beukes-Muundjua
Is ek geseënd of is ek GESEËND? Hierdie klein vissie in digkuns gaan vinne vryf met die barracudas van Kaapstad.
Dis vertrekdag – dié keer vlieg ons, geen uitgerekte busrit.
Kaptein het sy gewone prate gepraat. Mooi geleer – stem kalm, smaak dit kom met die vlieënierspakket.
Die juffertjies het hul neuse kordaat gepoeier, ken ook die deuntjie uit die kop. Paradeer met ingeboude glimlaggies.
Ek sit by die vlerk, wil alles indrink. ’n Nuwe skryfstukkie broei klaar. Hoe lyk dit die skroefies by die vlerk is effe geroes? En lyk my een skroef makeer. Ek dink aan die tonne metaal van die ystervoël, dan kom bagasie- en passasiersvrag by. Vader, behoede ons van ’n ramp. Ek sien jongetjies doen goeters by die vliegtuig. Pomp hulle vlerke op? Daar is mos nie wiele nie.
Dan kom die aankondiging vir styg. Die enjin dreun, daar klim ’n euforiese gevoelentheid in my op, geen vrese. Ons klim lekker. Ek bewonder die are van die landskap gekombineer met lyne van paaie – perfekfte meetkunde.
Ek voel letterlik en figuurlik in die wolke. Ek wonder toe of wolke soos sponse vol water is, dit lyk ver van ys. Ek verbeel my dis die engeltjies se hemelse springkasteel. Dis pynlik skoon en georden – ’n fraksie van God se kunsgalery. Agter my sit paar Chinese. Een vroetel te veel, ek sê amper: “Kry nou end!”
’n Afrikaner-oom loop toilet toe. Hy lyk kinderlik opgewonde, gaan seker by sy kleinkinders kuier. ’n Eksentrieke omie met ’ṅ bruin vilthoed, nogal met vere. Een veer is uitgedun. My oog vang sy groot, sponsagtige ore.
Oorkant my sit ’ṅ “slay queen”, gewimper en oor die maat geverf, en natuurlik die vampier-kunsnaels.
Ons kabouterkossetjies kom, ek kies ’n knap bottel Pinotage – vir die senuwees, want ek gaan vreemde mense ontmoet. My vurk val, dis normaal as ek tussen klomp mense is. Ek verorber my kaaskoek met die mes.
Dan kyk ek weer by die venster uit. Hoe lyk dit ons staan stil? Het ons altemit ’ṅ leerlingvlieënier aan stuur? Die klong sal moet vetgee. En dan skielik tiep die ystervoël. Ons draai seker nou in. Ek vra amper: “By watter stasie is ons nou?”
En dan kondig die kaptein aan ons moet gereed maak vir die landing in Kaapstad.
My hart en ingewande kom briek in my keel. Vir wat staan en sweet ek nou? Dis dan winter.
My mond trek droog, neusgate voel skoon klein vir genoeg suurstofinname.
“Kalmeer Charlotte, jy gaan ontmoet mense – jou spesie, ongeag hul gevorderde woordkuns,” sê ek vir myself.
My handbagasie rem my af soos ons deur lang gange loop. Ek sien duur tekkies en eksklusiewe rugsakke,
By die vervoerband gryp ek my pienk soetkys (kom hier, Ma se kind). Nou voel ek volledig.
Die klomp koppe en oë in wagarea maak my verbouereerd, Ek voel soos ’n vendusie-os wat uitgeken moet word. Wat as my mense nie gekom het nie? Is hier iewers ’n goedkoop slaapsaal?
En daar sien ek vir Prof met sy baard, regte skrywersvoorkoms. Ons groet en vertrek huiswaarts en stelselmatig kwyn die angs met los-en-vas gesels.
Ek is tuis, dis my grond, hier gaan ek diep wortels skiet.
Ko’ laat ons woord op tou sit, laat die skrywersfontein borrel!
Tyd vir dink, tyd vir ink.
Ons drink gulsig aan poësiepons.
Ek gaan slaap woordversadig.
- [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie