Voël nooit in sy nes
Sê maar net 30 jaar gelede
Constant Smit – Ek moet darem weer vir my ou tante daar oorkant die groot rivier skryf om te vertel wat intussen hier by ons gebeur het.
Die ou ding is baie lief vir, soos sy dit nog noem Duits-Suidwes, en die hel is los as ek nie ten minste een keer per maand die pen optel nie. Ou mense kan mos maar moeilik word. Net soos die ou bok. . .
Liefste tante,
Ek moet tante darem eers vertel van alles wat deesdae daar by Wanderers aangaan. Dit is die plek waar tante die slag van die trappe afgeval het toe tante probeer het om te gaan dans na ’n paar G&T’s. Onthou tante nou, dit was die laaste keer toe tante hier gekuier het en my naam so baie in die skande gesteek het. Julle Kolonialers dink mos julle kan hier maak wat julle wil.
By Wanderers het ons onlangs op ’n Sondag ’n afvalpotdag uit die bose gehou. Tante sal my nie glo as ek vertel hoe die snobs van die dorp al hul waardigheid oorboord gegooi en saam met ons barbare gesmul het aan die velle, koppe en hare van ’n skaap nie.
Die ou klomp wat tante daar geleer ken het, sukkel nog maar voort. Schoolz is nog net so dik, Abie het weer begin dobbel. Tante onthou mos dat hy laas op die perde was, nou is dit die dobbelmasjien. Lourens het intussen ’n geheelonthouer geword en Dwerg het hom ingeskryf vir ’n liggaamsbou-kompetisie. Basis het vir hom ’n pruik gekoop en oom Tim is nou op die Bob Martins, maak hom glo jonger. Soos tante kan sien, bly die ou klomp maar nog net simpel. Dit is mos geen wonder dat die bokke die plek so haat nie. Een ligpunt is dat van die bokke besluit het: “If you can’t beat them, join them.” En nou is daar baie meer van die bokgeslag deesdae by die klub te sien.
Ek verstaan julle Kolonialers is ná die vakansie maar lekker dikbek vir ons oor die visstorie. Julle kan mos nie meer sommer die Venter daar onder volpak met die wyn en eetgoed en dit dan weer terugry vol met ons vis nie.
Ons het niks daarteen as ’n mens ’n vissie vir die lekker en die pan vang nie, maar dit word ’n ander storie as daar met ons vis gesmokkel word.
Met die Falcon gaan dit ook nog goed. Die arme ding het net nie veel tyd om te rus nie. Dit kan mos vir geen voël gesond wees om die heeltyd net te wil vlieg as die baas moeg is vir sonskyn en braaivleis nie. Aan die ander kant kan ’n mens mos nie verwag die voël moet op sy nes sit as hierdie vername menere lus raak vir sneeu en varkvoete nie. En die arme mense wat elke dag werk dat dit bars om liggaam en siel aanmekaar te hou, moet maar hoes om aan hierdie vername mense se grille en giere te voldoen.
As hierdie voël weer eendag op sy eie nes sit, gaan ek sy baas vra om volgende keer vir my ook iets saam te bring. Iets kleins soos ’n nuwe bok uit die land van kaas of ’n Ferrari uit die land van die bokke met die mooi velle. Want as hulle op hul plesiertogte nie iets vir die land in die hande kan kry nie, sal hulle darem seker vir my iets in die hande kan kry.
My naam is tog sekerlik baie beter oor die groot water, want ek mors nie met dit wat vir my gegee word nie.
Ek wil binnekort ’n draai op Walvis gaan maak, want ek hoor Neil en Neville het nuwe posbestellingsboekies gekry. Tante onthou hulle mos nog. Dit is die twee broers wat erger oor ’n posbestellingsboekie is as Travers oor Brillcream. Die nuwe boekies is glo te pragtig. Ongelukkig kan ek tante nie meer vertel van die goeters wat bestel kan word nie, want dit sal tante te slim maak.
Liefdegroete, Connie.
– 12 Februarie 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie