Volhard in dít wat saak maak
Wiesie Kotzé – Gedurende die Desembertyd – wanneer ’n mens so ’n bietjie ’n blaaskans neem – het ’n mens kans om ’n paar persoonlike dinge uit jou eie lewe te hersien.
Soos geloof, gesondheid, fiksheid en spiertonus. Laasjaar het ons vanaf Maartmaand, omtrent al die pad tot in Desember, die lewe en die jaar met groot oë bekyk.
Daardie skokreaksie het nie veel ruimte vir enigiets anders gelaat nie. Hierdie jaar kies ons om weer te begin lewe.
In die vakansietyd het ek van my spiere begin strek wat die meeste verswak het.
Dis nie kardio-oefening nie, maar dit voel vir my of dit help om die spiere bietjie vir bietjie sterker te maak. Ek kan voel hoe my rug daarby baat, asook my postuur en my “core”-spiere.
Verder het ek onderneem om hierdie jaar doelbewus meer aktief te wees. Dit beteken nie ek gaan hardloop gou-gou 21 km nie. Dit beteken om fisiek betrokke te wees by aktiwiteite in en om die huis.
Pak die motorhuis reg sodat ’n motor binne kan parkeer. Klim op muurtjies om goetertjies op te hang. Ensovoorts.
In Psalm 18 vers 35 sê Dawid uit my Afrikaanse Nuwe Lewende Vertaling: “Hy oefen my hande vir die geveg, my arms om ’n bronsboog te trek.”
Dit het my laat dink – ek was nog altyd trots op my fisieke krag, selfs as vrou, om te kan hardloop en selfstandig dinge te kan hanteer, maar dit het drasties na twee swangerskappe verdwyn.
Ek wil dit graag terugkry, maar daarvoor moet ek my spiere oefen om sterk te kan word, en nie net “rond te hang” nie.
Sondag wat verby is, het doktor Francois Carr in die erediens gepreek en hy het gesê dat verlede jaar se toewyding aan Bybellees nie genoeg was nie. (In my geval beslis nie). Omdat die wêreld al hoe meer donker invloede begin kry en ons as Christene moet groei en volhard in ons geloof en ons kennis van die Bybel. Dit het my hard getref. Volhard in Bybelstudie.
Laasjaar het ons as huisgesin ’n emosionele ramp oorleef. Daarna het ek rondgedobber en was bietjie gestrand.
Hierdie jaar het ek my reddingsboei vasgegryp en is van plan om dit te gebruik om vorentoe te swem.
Steeds in Psalm 18 vers 20 sê Dawid: “Hy lei my na veiligheid en red my omdat HY my liefhet.” Sy liefde vir ons, daarvan kan ons nogal getuig.
Dawid beskryf dit so mooi in Psalm 3 vers 4: “Maar U, Here, is ’n skild rondom my. U herstel my eer, U lig my kop weer op.”
Volhard is so ’n vreemde woord, wat vandag amper outyds voel. ’n Woord wat ons in moderne Afrikaans moeilik gebruik. Diegene wat vinnig na die Engels gryp sê sommer “persevere”.
Maar ek dink dit is ook omdat ons as generasie baie dinge te maklik kry, beleef, ervaar. Ons het vergeet hoe om te volhard omdat sagteware, die internet en allerhande verkoopsmense daarop uit is om ons lewens “makliker te maak”, vir hul eie wins.
Vandag wil ek julle aanmoedig om by ‘n outydse begrip vas te haak en te dink oor die dinge waarin julle wil volhard, juis wanneer die lewe met sy aanslae die hardste begin raas.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie