Voor ons die waarheid verloën
Daar was ’n tyd toe ons op stadspleine gestaan het om nuus te deel.
Dis nou meer as 200 jaar later en hoewel rookseine deur selfoonseine en perdekarre deur Ferrari’s vervang is, is dit myns insiens ná die groei van kunsmatige intelligensie en die bars van die TikTok-inligtingsbom, asof ons, die mensdom, net mooi niks gevorder het nie.
Het die man op straat nog ’n eie opinie? Kan ons regtig sê wat ons dink? Kan ons hoegenaamd nog vir onsself dink?
’n Paar voorvalle verlede week, wat wissel van ’n skoolleerling wat glo ChatGPT en kunsmatige intelligensie gebruik het om sy skoolkoerantartikel te skryf en my vriendin se ma wat uit N$20 000 se swaarverdiende pensioengeld geswendel is, het my gedagtes in ’n prutpot wat wil oorkook, verander.
“Die waarheid sal seëvier” het ’n belofte geword wat eerder in die geskiedenisboeke pas as in ons hedendaagse handel en wandel.
In die TikTok-bom wat gebars het, verwys ek na die onlangse kommer wat die reguleerders van inligting in die VSA en wêreldwyd uitgespreek het oor die potensiële risiko’s om TikTok-gebruikersdata met die Chinese regering te deel (TikTok se moedermaatskappy, ByteDance, is in China gebaseer). Gevolglik het ’n aantal state in die VSA en verskeie lande wêreldwyd beperkings op die gebruik van TikTok uitgereik om potensiële risiko’s te verminder.
Alhoewel ons met TikTok eintlik groter probleme in die gesig staar, blyk dit die blokketting van inligting in sekere lande is politici se prioriteit. TikTok is die nuustse “go-to” waarheen die jeug – sommer almal – hulle wend om inligting en nuus te bekom. Dit verskaf insig in tendense, menings en gebeure. Die inhoud is dikwels kort en kragtig, word deur gebruikers gegenereer, en is glad nie onderhewig aan enige joernalistieke standaarde soos tradisionele nuuskantore nie.
Ek stem saam dit kan ’n beginpunt vir bewustheid wees, maar kan allermins as ’n betroubare primêre bron vir kritieke onderwerpe beskou word nie. Dit bly belangrik om inligting van betroubare nuusbronne vir akkuraatheid en geloofwaardigheid na te gaan. Dieselfde geld vir Facebook- en Instagramplasings.
Ongelukkig het “sien is glo” die norm geword en verifieer bitter min mense enige inligting wat aan hulle opgedis word, veral as dit met ’n bietjie geloofwaardige-garnering soos maatskappy logo’s en prominente name, gewig kry. Hier kan ons net kyk na die vele waarskuwings wat banke en ander instansies gereeld uitreik om die publiek te waarsku teen swendel-skemas – waarvan Tannie Martie ongelukkig ’n slagoffer geword het.
Sosiale media – soos TikTok, Instagram, Facebook en X – het manteldraaiers geword en gons graag oor wat hul gehore wil hoor en fokus allermins op die feite.
Eers deel, dan ondersoek, het die nuwe waarheid geword. Sosiale media het van ons almal rotte gemaak wat deur die fluitspeler van Hamlet se fopnuusdeuntjies gebreinspoel word.
Daaropvolgens verloor eie denke en opinies ’n bestaansreg aangesien “ek het dit op Tik-Tok of Facebook gesien” as die alfa en die omega aanvaar word.
Hiermee bedoel ek glad nie dat ons nie van sosialemediabronne gebruik mag maak nie, maar ons moet versigtig wees. Ons sal twee keer moet dink voor ons die waarheid verloën. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie