Voornemens vir die somer
Gorrel kan soms aangenaam, of lekker wees. Om met die verkeerde mens te gorrel, kan vervelig of selfs sielsdodend raak.
Dié gesprekke is vir my soos om ’n brommer te bestudeer wat te lank by ’n piering vol Swartland-hanepoot getalm het, en dan sy weg in ’n vol blik goue Natal-stroop na veiligheid moet oopveg. . .
Daar is geen vordering nie, en dit kan al te gou verveeldheid en ’n bakkersdosyn vol gape oor ’n mens se lippe laat ontsnap.
“Is jy vaak?” kan jou gespreksmaat dalk vra. “Wel, nee ou tjom, net bitter verveeld. Ek het wel laasnag nie ’n oog toegehad nie,” sal ek antwoord.
Nodeloos om te sê, maar meer as dikwels sal hy of sy nie die naaldprikkie voel nie. Al trap jy op daai gewraakte liddoring op haar of sy kleintoontjie wat soos ’n fytvinger pols. Jy hoor hom glad as jy in die gang af stap.
Gepraat van gaan en staan en nêrens heen gaan. Sommige mense het meer volume as ander.
“Hoe bedoel meneer dan nou?” sal Jaco, een van my ou groot maters gevra het.
“Volume behels saais, omtrek en die hoeveelheid swaartekrag wat die voluumteerder op ’n skaal sal uitoefen,” sal ek na drie drukke en ’n draai hom geantwoord het.
Kyk, ek het self al verby die 140 kilogram gedraai en ek is maar net 1,76 meter lank, of is dit nou 1,76 meter kort? Ek ken ook van sukkel met te veel volume.
Nie dat ek op 58 met Usain Bolt se fisieke liggaamsbou spog nie. . . Daar is hopeloos te veel passasiers wat saam met my om my middel reis en draf is uit soos ’n pak beskuit op ’n Sondagnamiddag in ’n seunskoshuis. Ek is ook nie ’n gekwalifiseerde lewensredder wat ’n tjoepie nodig het nie.
As dit by eet, veral verkeerd en te veel kom, gebruik te veel slimmetjies hul mond en ore in die verkeerde verhouding. Kyk, ’n mens het mos twee ore en een mond. Gebruik dié instrumente in dieselfde verhouding as dit by eet en luister kom. Dis nou maar my beskeie ingeligte opinie. Iemand het dit vir my ook al gesê, ek moet dit nou ongelukkig ruiterlik beken.
Ja-ja, ek weet ek speel tans nie tans op Aftjop se stoepe nie, maar heel moontlik daar by die yskaste rond met nat vloere de works wat ’n ou lelik kan laat gly.
Hierdie is soos kerksake, politiek of rugby. Dis gevaarlike terrein met vele slaggate en verskanste landmyne asook valstrikke waarin ’n ou soos ek ongesiens in kan beland.
Ek het al vele mense gesien met volume wat loop. Alles beweeg. As hulle gaan staan, loop hulle nog steeds. Ek het vanoggend dieselfde “gaan staan en bly beweeg”-aksie ondervind met ’n tante by ’n vulstasie.
“My bruh, tjek daai antie,” sê die een petroljoggie vir sy kollega terwyl hy ’n paar druppels sous in Goose se tenk bewerkstellig.
“Ek tjek ha, ek skiem sy het ’n bra vir daai ken nodig,” merk die kollega droog op.
Wel, die winter is ampertjies verby en heerlike lente daarby. Ek het nuwe voornemens vir die somer. Daar sal gestap word, want die rugby- en motorfietsknieë het hul eie geite. Ek besluit nog of ek ’n paar opstote en maagoefeninge as bonus gaan inwerk om die ekstra oortolligheidjies die niet in te laat verdwyn.
Nuwejaarsvoorneme het ek nie, maar die einde van die winter is die ideale tyd om planne te beraam tot 1 Januarie 2024 sy verskyning uit die Ooste maak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie