Voyage mère et fille
As ek een persoon moet kies om die wêreld mee te verken, is dit my ma.
Ek los eerste my man by die huis. Hy kan nie sonder min kos klaarkom nie, wat nog te sê van die aanhoudende rondlopery.
Historiese geboue en wyndrink is ook nie sy gunsteling nie. Hy waardeer glad nie die atmosfeer van ’n koffiewinkel op ’n besige middag nie en verkies ’n lugversorgde vertrek en WiFi.
Nee, ek sal hom bederf met ’n tropiese vakansie in Mexiko of ’n romantiese wegbreek na Italië waar ons kan pasta eet tot ons nie meer kan nie.
Om ’n reismaat te kies, is nie so maklik nie. Daar is talle faktore wat in ag geneem moet word, soos het julle dieselfde belangstellings, is julle bereid om geld op dieselfde aktiwiteite te bestee – sulke goed.
My ma is my perfekte reismaat – en ons is tans in Frankryk!
Hoewel ons hooffokus die rugby is, maak ons van die geleentheid gebruik om Parys plat te stap en herinneringe te versamel wat ons vir die res van ons lewens saam met ons sal dra.
Ons tweetjies is nie bang vir stap nie. Ons pak slegs die minimum en gooi selfs ’n paar pakkies sop en noedels in ons sak, want uiteet is nie vir ons ’n prioriteit nie. My suster bestee maklik haar geld op ’n behoorlike Michelin ster-ete wanneer sy op vakansie is. Ons is egter tevrede met ’n winkelbroodjie. Ons gebruik eerder daardie laaste sente op ’n bottel wyn en drink dit rustig in ons beknopte blyplekkie. Ons het nie veel nodig nie.
Ek het voorgestel ons kry tatoeëermerke saam. Sy sien egter nie kans daarvoor nie, maar ek het nog tyd om haar te probeer oorreed – hou duim vas.
Elke mens is ’n spesifieke tipe toeris – sommige hou van aktiwiteite soos ski en bergklim, ander hou van gesellige kroeë met ’n lekker groot glas bier, ander wil weer nuwe kosse en kulture probeer en ander verkies ’n vyfsterhotel met ’n groot swembad en skemerkelkies wat net aanhou kom. So verskil elkeen van ons.
Dit is redelik frustrerend as jou daaglikse reisplanne en aktiwiteite en die van jou reismaat, soos dag en nag verskil.
Dan moet daar kompromieë bereik word en jy gaan beslis dinge moet doen waarvoor jy glád nie lus is nie. En as jy nog tonne geld vir dié aktiwiteite moet betaal, maak dit jou nog hartseer daarby ook.
Só ’n vakansie kan ook nogal uitputtend raak, en as jy moeg is dan steek “irritasie” ook sy kop uit – dit is ’n plofbare kombinasie.
Dus moet die besluit oor jou reismaat nie ligtelik opgeneem word nie.
Ek is ’n boek-en-koffiewinkel-toeris. Hoewel ek daarvan hou om boeke te lees en ’n koffiedrinker is, is dit nie die rede hoekom ek hierdie plekke wil besoek nie. Dit is definitief vir die mense, die reuke en die atmosfeer.
Ek gaan natuurlik nie nee sê om die Eiffeltoring in die naglig te sien skitter of ’n foto voor die Arc de Triomph of ’n bootvaart op die Seine nie.
Dit is die grootste eer om hierdie avontuur saam met my ma aan te pak – net ek en sy met ons stapskoene en bottel droë rooiwyn!
Ek “est fidèle à ma mère”. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie