Vreugde in afwagting
Wiesie Kotzé – Die Lutherse kerk het die gebruik om die vier Sondae voor Kersfees te vier.
Vir diegene wat nie weet nie, Sondag 1 Desember wat verby is, was die eerste “advent”.
Hierdie begrip of begrippe word nie algemeen in die Afrikaanse taal gebruik nie. Ek het dus gaan loer watter definisies die internet daaroor kon bied. Advent, volgens Oxford Languages, word verduidelik as die koms van ’n noemenswaardige of ’n merkwaardige persoon of ding.
Daarmee saam wys die viering van advent, vir ons Christene, nie na Kersdag met sy groot etes en geskenke, versierings en Kersvader nie. Die viering van advent is daar om die dag te herdenk toe Jesus op die aarde aangekom het.
Dit voeg ’n dieper betekenis tot die kommersiële fees waarin dit intussen ontaard het. Dit vier die afwagting wat ons van Jesus se koms het in vier opeenvolgende Sondae.
As enigeen van julle soos ek sukkel om te fokus of met ons aandagspan, kan die meeste van ons waarskynlik hierdie tyd van die jaar daarmee kan doen om vir vier opeenvolgende Sondae voor Kersdag daaraan herinner te word wat die werklike doel van Kersdag is en wie ons Christene nou eintlik daarmee vier.
’n Kennis wat ek op hierdie rubriek se platform ontmoet het, het onlangs na my uitgereik en gesê hy stem nie saam met wat Kersfees deesdae geword het nie. Ek hoop dat ons hom iewers ’n kans sal kan gee om sommer op hierdie platform sy sê te kan sê.
Ek het gaan loer wie voor my daaraan gedink het dat afwagting vir ’n mens vreugde bring. Twee romanskrywers het opgeduik.
Gustave Flaubert was ’n Franse romanskrywer uit die 1800’s en hy word soos volg aangehaal: “Pleasure is found first in anticipation, later in memory.”
Daardie is ’n wonderlike uitbeelding van hoekom ons almal so gaande oor Kersfees is – eerstens die afwagting daarvan en tweedens die herinneringe wat ons rondom die fees het om te koester, jare later.
Angela Carter, ’n Britse romanskrywer uit die 1900’s, het weer gesê: “Anticipation is the greater part of pleasure.”
Dit is tussen hierdie twee se aanhalings waar ek en my gesin vandag saam met julle wil staan. Vir hierdie ma, haar man en haar seuntjie wat hierdie Kersfees onthou dat hulle dit verlede jaar saam met hul babasussie deurgebring het, beteken Jesus se koms die hoop dat hulle haar eendag weer gaan sien. As ons dit nie glo nie, kom die verlies van haar lewe neer op ’n sinnelose einde aan ’n sinnelose lewe.
Ons vier Jesus se koms met vreugde en afwagting. Nie oor die kos en geskenke nie, maar oor dit wat sy koms vir ons as mense beteken. Vir diegene wat Christenskap aanneem en ook vir diegene wat dit nie aanneem nie.
Ek bid dat almal wat hierdie tyd van die jaar gejaag is (soos ek, soos ons almal) die kans sal neem om vreugde te vind in die vooruitsig dat ons binnekort weer die koms van ’n noemenswaardige persoon gaan herdenk.
Dat diegene wat die tyd neem om stil te word en te luister, die fluistering van vrede sal hoor wat sy leringe bring. Omdat ons nie geld of geskenke aanbid nie, maar ’n almagtige God wat vrede gee. Die vreugde in afwagting is nie eintlik vir die geskenke of die familiekuiers nie. Daardie vreugde wat die familiekuiers en die geskenke dalk wel bring, was nog altyd bedoel om ons te herinner dat HY wat Jesus Christus is, ons geskenk was.
Dat ons familie en vriende ook ons geskenke van bo is en hulle en Jesus die geskenke is waarvoor ons eintlik moet dankbaar wees.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie