Vrou is mos vrou
Môre is dit Vrouedag en terwyl dit blyk dat die wêreld verdeel is oor die kwessie van ’n sekere Olimpiese bokser en of dié nou ’n vrou is of nie, begin die kantoor te fluister oor dit wat ’n paar maande van nou af vir ons voorlê – Desember.
Die fluisteringe is hoofsaaklik gespul om die televisieprogramme en nuusuitgawes wat in die laaste myl van die jaar moet uitkom, maar steeds kan ek nie anders as om te dink aan al die ander Desember-dinge waaraan daar aandag geskenk moet word.
Boetie gaan vir die heel eerste keer die Dash ry – iemand moet by die wenstreep wees om gesig te wys en hom te herinner dat mamma trots op haar ou seun sou wees.
Vaderland, iemand moet seker sorg dat daar ingrypings in plek is ingeval Boetie “op sy moer kry”.
Natuurlik is hy oortuig daarvan dat hy valbestand is en in een stuk oor die eindstreep sal kom – ’n man is mos ’n man, jy verstaan. Tog bly ’n vrou ’n vrou en kan die instink wat sê om vir die ergste voor te berei eenvoudig nie ophou om haar te pla nie.
’n Pêl met ’n bietjie meer ervaring op twee wiele sê my ouboet sal waarskynlik op die sagte gruis kort voor sy aankoms in Swakopmund sy woorde (en dalk ’n bietjie gruis) eet. Dié Dash ook en iemand moet seker ook aan hom dink – sit dit ook op die lysie.
Iewers voor Desember moet ek ook vir ’n liewe vriendin ’n bos blomme vir haar verjaardag stuur – sit dit bo die Dash-reëlings op die lysie. Sal dit té veel wees as ek vir haar ’n masseersessie bespreek en ook ’n geskenk koop? Wat is te veel? Bestaan daar so ’n ding soos te veel omgee?
Dit is die lekkerste lekker van vrouwees – om te veel te kan wees. Om te mag omgee en in oormaat te wys jy gee om – ek is ook mos maar net vrou en hierdie is wat vroue doen.
Mans wil skynbaar alewig minder omgee as die een langs hulle. Dit is mos nie sterk en manlik om ’n sagteplek te hê nie, en so probeer hulle almal om die minste te voel.
Dit is nie dat jy vir niks in die lewe moet omgee nie, maar as jy dit kan regkry is dit die ideaal – sny net alle gevoelens af. Man is mos man en hierdie is wat mans doen.
Ek weet nie van jou nie, maar so kan ek nie lewe nie. Wat is die lewe sonder die geleentheid om vir iemand anders om te gee? Wat ’n voorreg om te kan sag wees, om te kan omgee en om dit te kan wys.
Wat ’n voorreg om ’n vrou te wees.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie