Vroue staan ook vas
Sê maar net 30 jaar gelede
Gene Travers – Barbara Kahatjipara is toe voor die naweek as die nuwe Mej. Namibië gekroon en ons kan haar net alle geluk en sterkte toewens met die groot taak wat sy nou op haar skouers dra.
Haar kroning het die aandag ook weer sterk op vroue gevestig en dit is verblydend dat al meer van dié geslag hulleself op die voorgrond dwing en selfs tot die hoogste sporte van die samelewing deurdring.
Ek dink byvoorbeeld aan die Ystervrou van Engeland, Margaret Thatcher, wat haar in die politiek beywer het, en ons eie Michelle McLean wat Namibië regoor die wêreld as Mej. Heelal verteenwoordig het.
Ek dink ook aan twee voormalige burgemeesters van Windhoek, mevroue Joey Olivier en Petra Hamman, wat bewys het dat hulle hul plek in die openbare lewe, wat gewoonlik aan ’n man toegeken was, kon volstaan.
Verder dink ek ook aan ons minister van plaaslike owerhede en behuising, dr. Libertine Amathila, wat ’n besondere indruk op my maak, asook ons minister van jeug en sport, Pendukeni Ithana, en selfs Nora Appolus van die NBC wat soos ’n verwoede bul (as ’n mens dit so mag stel) haar pad boontoe probeer oopveg.
Mans gryp gewoonlik na wapens en maak oorlog om geskille te besleg terwyl vroue dinge op ’n meer rustige manier probeer opklaar.
’n Mens kan maar net wonder wat sal gebeur as vroue regoor die wêreld die leisels oorneem.
Jy kan met redelike sekerheid aanvaar dat dit die eerste groot stap na werklike wêreldvrede sal wees, maar aan die ander kant wonder ek of hulle ons nog gaan toelaat om so af en toe ’n osbraai by Wanderers te hou of ’n aandjie jou klub te besoek.
As ’n mens daaraan dink regeer vroue in elke geval lankal sonder dat ons dit agterkom.
Hulle dra lankal nie meer voortrekkerkappies nie en ek kan nie onthou wanneer laas ek ’n vrou gesien het wat haar man se sokkies stop nie.
Hulle stoei, boks en speel selfs al rugby!
En, net so terloops vir die mense wat gekla het oor die video-fotograaf (nie van die NBC nie) wat Vrydagaand tydens die kroning regvoor die verhoog in die middel van die saal stelling ingeneem het en ’n groot aantal van die gaste se uitsig op die verrigtinge totaal belemmer het.
Bring volgende jaar krampketties saam. Dis wat ek gaan doen.
– 8 September 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie