Jemima Beukes
Jemima Beukes

Waantoe met ons kinners?

Jemima Beukes
Destyds het oumense altyd gesê: “’n Kind moet nie agter die oë wees nie.”

Hulle het bedoel dat kinders in die oog gehou moet word om hulle uit die moeilikheid te hou. Maar deesdae is dit selfs ’n probleem vir ’n kind om voor die oë te wees, want dié wat veronderstel is om hulle te beskerm, kan dan nie hul hande van die kinders afhou nie.

Die stories wat ek in die hof hoor, laat my hare rys. Ek gril my dood as ek verslag doen oor die vermeende pa- en oumaverkragter, en ’n ma wat glo so die kluts kwyt is dat sy haar eie man en skoonma beskuldig van verkragting en molestasie van haar seun sedert hy 14 maande oud was tot hy nou sewe is.

Hoe het ons hier beland? Hoe het ons gemeenskap so verswak dat ons oompies, anties, ouboetas, nannas, oupas en oumas nie vertrou kan word nie?

Pleks van ’n bankie maak of die tee koud gooi vir die kind, beloer die oupas en pa's deesdae hul eie bloed en wil hulle betas.

Deesdae kan ’n kind nie eens ’n onskuldige ys of fudge loop koop om die draai nie, anders word hulle van ’n dronk antie by ’n toilet ingesleep en gedwing om haglike goed te doen. Nie net is die kind se onskuld daarmee heen nie, maar nou is hul vertroue in mense en die wêreld om hulle ook verpletter. En boonop is sy of haar maatjie ook nou nie meer veilig nie.

Ons behoort uit te basuin dat “genoeg is genoeg”. Ons moet verseker dat kinders nie net gesien word nie, maar ook gehoor en beskerm word. Dit beteken ons moet bewus wees van die tekens van misbruik en nie huiwer om in te gryp nie. As ons swyg en die ander pad kry is ons net so skuldig soos die misdadiger.

Maar in plaas daarvan om ons kinders te beskerm en vir hulle op te staan, smeer die kerk die sonde van dominees toe en die hele gemeente mars straat af omdat uitgegroeide mans en vroue vir wie hulle nooit in hulle lewe sal raakloop nie, met mekaar wil trou. Het jy nou woorde?

Ja, die kerk preek hom oorhoeks oor selfdegeslaghuwelike terwyl die broeders en susters die kinders onbetaamlik bykom. Soos Pink Floyd sou sê, “susters of broeders los die kinders alleen”.

Smaak ta hulle kan nou beter na hulle self omsien as wat grootmense kan. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 1 vs 1 Nottingham Forest | Aston Villa 0 vs 0 Manchester United | Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Deportivo Alaves 0 vs 3 Barcelona | Girona 2 vs 1 Athletic Club | Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Empoli | Bologna 0 vs 0 Parma | Juventus 1 vs 1 Cagliari | Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: Bristol City 1 vs 1 Cardiff City | West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A