Waar begin mens om ‘n fenominale vrou te beskryf?
Charlotte Beukes-Muundjua - [email protected]
Ek het toe die vrouemaandbus verpas, maar sowaar as padda manel dra, moet ek twee besonderse vroue op my troontjie plaas.
Waar begin mens om ‘n fenominale vrou te beskryf verby die raamwerk wat die oog weergee? Lyftaal wat drup van selfvertroue, sonder arrogansie. Haar ysbreekstem, onopgesmukte uniekheid.
Dan duik jy dieper om die versteekte pêrel te ontdek. Vandag sit ek graag twee vroue op ‘n troon.
Eerstens uit my kontrei, die Suide van Namibië, die growwe sout kaliber - Frances Mensah-Ferreira. ‘n Groenoogmeisie (my senior op skool) wat altyd die tawwe leisels met selfvertroue kon vat, die meeste van die tyd op eie inisiatief. Hetsy skool, kerk en in haar gemeenskap was sy ‘n nimmereindige anker en inspirasie vir menigte.
Sy was van die outydse onderwysers (‘n juffrou in ons dae) wat buite die klaskamer ure se rou talent geskaaf het. ‘n Filantroop - ons eie moeder Theresa. By haar het ek geleer om die goeie in ‘n persoon te delf en sodoende ‘n verlore mens tot sy volle potensiaal te laat uitstyg. ‘n Baanbreker in Namibië se onderwysstelsel. Haar platform as gewone onderwyser kring verder uit toe sy die fondasie van die Namibiese Kollege vir Afstandonderrig (Namcol) lê.
Weer het sy ‘n gaping in die onderwys- en kultuurnetwerk gesien en daadwerklik gepoog om die ‘swakker’ leerling op te lig. En kyk waar staan Namcol vandag – ‘n kranige naskoolse akademie.
My godin Fran gee die leisels oor aan haar sterk span en kring verder uit verby Namibië se grense na Kanada, slaggereed om op ‘n sielkundige vlak die standaard van opvoedkunde verder te vat.
Haar hoogste sport tans is as medestigter van COL (Common Wealth of Learning) waar sy meer as tien jaar suksesvol jong vroue uit minderbevooregte lande ophef. Weereens gefokus op die ‘verwerptes’, geslagsgeweld en gelykheid. Haar filantropiese werk strek wyd vanaf Malawi, Mosambiek tot in Asiese lande soos Sri-Lanka, Pakistan en Bangladesh. Weer bewys sy dat met deursigtige navorsing jy by die regte plek uitkom om ‘n verskil te kan maak.
Wat meer kan ek sê - as jy passievol is vir jou roeping, is daar geen grense. Bravo Frances, jy is ‘n volwaardige ambassadeur vir Namibië en ‘n inspirasie vir vroue wêreldwyd.
My tweede ikoon is die einste Antjie Krog, my kleurblinde wit moeder in woordkuns. As hoërskooldogter het ek letterlik aan haar digtersbors gedrink! Ek sê altyd my woordeskat is anoreksiek as ek ‘n vrou van haar kaliber moet beskryf. Die diepte van haar skrywe sny verby verstand en murg, penworteldiep. Sy vat my op ‘n woordreis sonder kantjies en strikkies, Ja, my girl sê ‘n ding op sy naam, kaalgat!
Ek was in ekstase toe haar boek Country of my Skull verfilm is met Amerikaanse akteur Sameul L.
Jackson as hoofkarakter. Sy mag maar droog voorkom soos toast, maar sy is beslis op ‘n totale ander frekwensie. Haar pen het geen grense, nog minder brieke! Sy vat alles aan met intensiteit – van die ongerepte mooi in Moeder Natuur, vrouwees, geskiedenis, apartheid, tot die kokende kooikafoefel.
Ek het 2019 vir die eerste keer deelname gehad in Windhoek Woordfees waar ek my skrywersqueen
ontmoet het. Natuurlik seker gemaak dat sy haar boek afteken en vir ‘n kiekie!
‘ṅ Magiese oomblik - daar staan die grote en pikkewyn-digtertjie langs mekaar, heel skertsend.
Sy’s my tipe, glo aan naakte waarheid. Dié wat ons nie like nie, moet gaan piepie teen die wind, maar
skryf dié sal ons! Vir my is sy soos ṅ gazelle op die wye Namibiese velde. Min gepla oor kritiek, net ‘n vrye gees om hart en brein te voed.
My bede is dat sy my nederige digkuns onder oë kry. Ek verwag tawwe kritiek, maar van ‘n goeie
gees. Ek verbeel my klaar sy sal sê: “ Nee meisiekind, hier het jy ‘n bol stront kwytgeraak”. Ek sal vra: “Vat asseblief my skrywershand en ruk dit reg, gee dit vlerke om die wye woordrealm in te vlieg”.
Dit is wat ek in twee fenominale vroue bewonder -
onwrikbare wilskrag om onversuimd bekers vol wysheid te skink vir die massas, om die term menswees te vat anderkant die grense van hoë prestasies en eiewaan, om voortdurend uit te reik na ‘n vrou spartelend op die laagste sport. Bravo Frances en Antjie, die sade van julle dade sal nog baie jare vrugte lewer“.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie