Waar gaan ons heen?
Dit lê nie op die periferie van my belangstelling nie, maar met Namibiese nuusgebeure wat soos ’n pap melktert in my gesig gegooi word, het ek nie veel van ’n keuse om kennis daarvan te neem nie.
Ek moet gereeld keer om nie drie treë na links te gee en ’n gemoedsbesakking van kliniese formaat te beleef nie. Sommige mense sal moontlik die besakking heelwat anders wil spel, maar ek sal ter wille van Republikein se gerespekteerde lesers liewer by die skoner weergawe daarvan hou.
Weekliks word mense wreed van hul families weggeruk. Afgemaai deur ’n selfaangestelde regter met sy vinger geklem om ’n sneller of mes, is weer eens ’n moord gepleeg. Moor in ons land is so gerieflik soos om ’n lastige vlieg met smaaklike genot uit die weg te ruim.
My vraag is hoekom word daar so maklik ’n lewe geneem? Is dit ’n geval van ’n gebrek aan opvoeding, of is dit maar net omdat dit so maklik geword het?
Lesers sal onthou ’n paar jaar gelede het ’n ontevrede kollega in die middestad by sy werk ingestap en sy hoof asook ’n vrouekollega soos ’n wafferse “gunslinger” in ’n Western-fliek gewond. Die hoof is oorlede terwyl sy kollega die aanval oorleef het. Hy het gemoor omrede hy nie tevrede was nie, so maklik soos dit.
Ontevrede, jaloerse (daar is te min woorde) en pleinweg onopgevoede barbaarse minnaars, kêrels en mans is die alleen heerser in sy skewe wêreld waar hy alleen die besluite neem. Gereeld moet ons hoor dat mnr. X sy maat se lewe geneem het.
Barbaars, brutaal, gewelddadig, onmenslik en vernederend.
Maar daar word gereeld en gerieflik van menseregte gepraat. Watter menseregte? Wat het van die mens se reg geword wat aan die hand van ’n moordenaar hul kinders en naastes moes agterlaat? Die moordenaar in die tronk word beter deur die staat versorg as ons oumense wat met ’n karige staatspensioentjie moet oorleef.
Tronkvoëls, verkragters, moordenaars, diewe en al wat ’n skollie in ons tronke het ’n gemaklike lewe met mediese sorg, drie etes per dag en ’n warm kombers wat deur die belastingbetaler voorsien word.
Regerings wat so graag geweldsmisdadigers se menseregte beskerm, behoort die families van vermoordes die res van hul lewens van enige vorm van belasting vry te stel. ’n Paar miljoen Namibiese dollar as vergoeding deur die staat sal nie ’n geliefde terugbring nie, maar finansiële gemoedsrus verseker.
Om iemand in ons mooi land te vermoor het so maklik geword soos dit vir ’n minderjarige tiener is om drank sonder ’n identiteitskaart by een van die land se vele kuierplekke te koop. Wat my bekommer is dat die regering tjoepstil is.
Wanneer gaan ons Namibiese regering ’n standpunt teenoor moordenaars in neem om sy vredeliewende burgers te beskerm?
Ons oostelike buurman, Botswana, pas nog steeds die doodstraf toe. Tsjad het die doodstraf in 2014 gestop, maar weer die volgende jaar vir terrorisme ingestel. Egipte, Ekwatoriaal-Guinee, Libië, Somalië, Suid-Soedan, Soedan en Nigerië is van die Afrikalande wat steeds die doodstraf as afskrikmiddel gebruik terwyl Gambië in 2018 ’n moratorium daarop ingestel het.
Alhoewel die doodstraf in 1988 laas in Burkina Faso voltrek is, het dié land verlede jaar die doodstraf daar geskrap. Op www.amnesty.org skryf ene Yves Traoré, direkteur van Amnestie Internasionaal (AI) in dié land. “Abolition of death penalty a hard won victory.”
My vraag is, “a hard won victory” vir wie en wat? Dit is slegs ’n oorwinning vir die moordenaars.
Volgens die sogenaamde Universal Declaration of Human Rights van AI, is die doodstraf uiters wreed, onmenslik en ’n vernederende straf. Rêrig?
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie