Waar is die eenvoud heen?
Ek en ’n groep vriendinne gaan gryp so rukkie terug ’n middagete en ons bespreek Nr. 2 se verjaardagpartytjie.
Die kroos is vir die eerste keer in ’n skool en ’n vriendin vra van watter events planner maak die skool gebruik. Ek is nou nie ’n tipiese skoolmamma nie. Ek wonder en pluis nog uit hoe al die dinge werk. Maar hierdie vang my onkant. Ek sê vir haar ek weet nie waarvan sy praat nie.
Nee, verduidelik sy, meeste kleuterskole is “ingekontrakteer” met besighede wat kinderpartytjies by die skool reël.
So mamma kan agteroor sit en dit kos jou om en by, ongeveer dieselfde as die skoolfonds. Dan moet daar ’n fotograaf wees en die handvol wat all-out gaan, kry dan sommer ook vermaak vir die kleinspan op die dag van die partytjie.
Teen die tyd wat die vermaak opdaag, skree 40% bloumoord want hoekom is Paw Patrol hier en hoekom lyk hulle soos reuse. Klein hondjies moet klein wees.
Die res is oorweldig; arme Rubble val drie keer op pad klaskamer toe omdat almal op hom wil klim. Nou moet jy nog Namibië se hitte in ag neem, wat die Paw Patrol-karakters nie gedoen het nie, en twee pass op die gras uit.
Geluk is aan my kant. Die skool is nuut. So nuut dat my twee die eerste maatjies in die skool en die enigstes vir amper twee weke was. Nr. 2 is ook die eerste verjaardagmaatjie by die skool.
Ek redeneer toe ek kan die standaard stel. En hoe laer ek dit stel, hoe langer gaan dit vat om tot by vermaak, fotograwe en partytjiebeplanners uit te kom. Ek bedoel nie afskeep nie, net iets meer volhoubaar. Want kyk, ek reken as jy vanjaar Paw Patrol gaan nooi, gaan Spiderman seker volgende moet kom.
Weer eens moet ek noem, suikerbelaaide soetgoed bestaan nie in my huis nie (behalwe vir die geheime mommy stash vir noodgevalle). Maar dit is ’n partytjie en Hammelie en Oupa kom spesiaal van die kus af om te kom kuier, so ons gaan koek eet. Daarom kan hulle nie ook koek by die skool eet nie.
Die winkels is gerat vir mammas soos ek, en een winkelmandjie later, eet die kinders later die week al te heerlik aan ’n pakkie tjippies en suikervrye kolwyntjies, al die pad van Portugal af.
Ek wonder waar kom die spoggerigheid vandaan. Ja, foto’s is belangrik en ons wil ons kinders bederf, maar is groot partytjies by die huis én by die skool rêrig nodig?
Gaan ’n naweek weg nie meer waarde hê nie? Kwaliteittyd. Of lewe ek in ’n tyd en plek waar ons goeters na ons kinders moet gooi om hulle gelukkig te maak in plaas van avontuur en ’n ervaring.
Dalk hang dit net af waaraan jy waarde heg; en almal kan maak net soos hulle wil. Die volgende partytjie by die skool is einde September. Ek hoop dié kind se mamma deel my sentiment.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie