Waar kruip Darwin weg?
Die nuwe jaar bring vir ons almal nuwe dinge, en vir dié van ons met ’n donker sin vir humor bring die nuwe jaar ook ’n kyk na diegene wat die Darwin-toekennings gewen het.
Die Darwin-toekennings is ’n retoriese toekenning wat uitgegee word as ’n dankie aan die ontvanger omdat hulle bygedra het tot die oorlewing van die mensdom deur hulself op 'n belaglike manier - wat tot dood of sterilisasie gelei het - uit die genepoel verwyder het.
Die toekenning se naamgenoot is natuurlik die wetenskaplike figuur Charles Darwin wat met die idee van 'natural selection' vorendag gekom het. Sy teorie oor ’n algemene voorvader is wel omstrede, maar die idee dat die mensdom oor miljoene jare beter postuur ontwikkel en hul pelse afgegooi het, is heel redelik. Lede van die wetenskaplike gemeenskap glo dat die ontwikkeling van ’n knop aan die binnekant van die pinkievinger ook as bevestiging van Darwin se teorie dien.
Die Darwin-toekennings sorg elke nou en dan vir ’n nodige giggel en hou Schadenfreude-meters wêreldwyd op gesonde vlakke. Dit laat my ook baie dink aan die verskeie subtiele maniere waarop Darwin se teorie moontlik voor ons oë afspeel.
'Social Darwinism' het die lig gesien toe Darwin se teorie teen die standaarde van sosiologie, politiek en die ekonomie gemeet is. Die term sosiobiologie het sosio-Darwinisme later vervang en verwys na die ontmoeting tussen biologie en hoe sosiale strukture opgestel is. Met ander woorde, die oortuiging dat ons sukses in sosiale strukture bydra tot ons oorlewing in die genepoel. Sosiobiologie is self omstrede omdat baie wetenskaplike denkers voel slegs gene beïnvloed ons oorlewing in die genepoel. Sosiobioloë glo egter dat die verhouding tussen "nature" en "nurture" meer genuanseerd is.
As jy daaraan dink, besef jy hoe ons sosiaal verkeer 'n wyer effek het op wie ons is as wat ons dalk wil glo. Die voor die hand liggende argument dat ons vriendekringe ons in verskeie maniere kan ondersteun en dus ons kanse op oorlewing in die genepoel verbeter, speel natuurlik ’n rol.
Bo en behalwe dit wat ons saam met ons maatjies doen, is sosiale vaardighede ook nodig indien jy hoop het op loopbaansukses. Om mense van jou standpunt te kan orreed, of om kollega's te oortuig om jou ’n guns te doen wanneer jy hulp nodig het, vereis sosiale vaardighede, maar sal sekerlik ook tot jou sukses op die lange duur lei.
Miskien smokkel die sielkundige konsep van illusionêre korrelasie dan met jou kop, maar jy sal verbaas wees waar jy oral vir Darwin kan uitkrap wanneer jy sy idees in jou agterkop hou.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie