No Image Caption

Waar my hart tuis is

Kristien Kruger
Kort-kort voel ek lus om ’n vliegkaartjie te bespreek en die vreemde in te vaar.

Ek wil plat op die wit strand lê met ’n skemerkelkie in een hand en ’n boek in die ander. My voete jeuk om deur die strate van Athene te dwaal en my mond water as ek dink aan al die brood en wyn wat in Frankryk vir my wag.

Vir nou, is dit egter beter dat ek en my plat sak onsself tot die kantoor en die huis beperk. Dit is wel nie alles sleg nie en ek herinner myself aan die skoonheid en rykdom wat hier op my eie voorstoep wag.

Om die draai wag eindelose horisonne en warm, gasvrye mense. Namibië is ’n land van onvergelyklike skoonheid, waar die natuur jou asem wegslaan en die mense jou hart vuurwarm maak.

Elke dag hier is ’n geleentheid om die eenvoud van die lewe te waardeer; van die pragtige sonsopkoms wat die duine in goud omtoor, tot die glansende sonsondergang wat die hemel in rooi en pers skakerings verf.

Die Namibiese mense dra tot hierdie skoonheid by. Hulle is vriendelik, opreg en gasvry, altyd gereed om met ’n glimlag te groet en ’n helpende hand te bied. Of dit nou die petroljoggie is wat met entoesiasme jou voertuig volmaak en sommer ook ’n geselsie aanknoop, of die kassier by die winkel wat elke kliënt met warmte en ’n vriendelike “goeie dag!” verwelkom – hulle maak elke dag ’n bietjie helderder.

In Namibië voel jy nooit soos ’n vreemdeling nie, want die mense maak jou deel van die gemeenskap, ongeag waar jy vandaan kom.

Met Desember wat stadig nader kruip, hoor ek Hentiesbaai roep! Vakansies by die see is ’n hoogtepunt, waar die geluid van brekende branders jou siel tot rus bring. Of jy nou om die braaivleisvuur kuier saam met familie en vriende, stories vertel en lag tot laatnag, of net stilweg na die knetterende vlamme staar, daar is ’n diep gevoel van waardering en tevredenheid.

Op ’n plaas in Namibië begin elke dag met ’n stille belofte. Die son loer stadig oor die bosveld en die eerste strale breek deur die donkerte van die nag. Die miljoene sterre verdof en die krieke se gesang bedaar. Die bosveld word wakker en die natuur kry lewe met die voëls wat vrolik die nuwe dag begroet. Dis ’n toneel waarna jy nooit moeg raak om te kyk nie.

Wanneer die reën kom, is dit asof die aarde sy eerste asem skep. Die groot druppels val soos bomme uit die lug en tref die droë sand wat ’n reuk vrystel – die onmiskenbare, onvergelyklike reuk van reën op Namibiese grond.

Dis ’n reuk wat jy nêrens anders in die wêreld kan ervaar nie; ’n mengsel van nat aarde, droë gras en die lewe wat terugkeer na die land.

Namibië is ’n plek van ongeëwenaarde natuurskoon en sjarme. Die uitgestrekte vlaktes, die majestueuse duine, en die helderblou lug is deel van ’n landskap wat jou telkens weer laat besef hoe bevoorreg jy is om hier te woon.

Namibië is meer as net ’n plek op ’n kaart; dis ’n tuiste. Dis ’n land wat sy mense met trots vervul, ’n plek waar elke hoekie iets spesiaals bied. Van die rooi duine van Sossusvlei tot die ryk kultuur van ons mense, Namibië is ’n land waar die hart en siel gevul word met vrede en geluk.

Ek is dankbaar vir elke oomblik hier, en ek weet, ongeag waar ek in die wêreld mag gaan, Namibië sal altyd die plek wees waar my hart tuis is.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.34 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.91 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.28 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.92 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 535.55/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 850.80/T UP 2.34% | Brent Crude Oil US$ 71.91/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 960.56/OZ UP +0.69% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.34 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.91 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.28 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.92 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 535.55/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 850.80/T UP 2.34% | Brent Crude Oil US$ 71.91/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 960.56/OZ UP +0.69%