Waar sit jy op die reënboog?
Ouboet sê Maandagaand ek is beslis geel, maar dalk ook groen. Miskien groengeel? Wag-wag-wag, geelgroen. Maar is daar dalk ook blou? Daar is beslis blou. Nou waar pas die blou in? Dalk is ek tog nie so geel soos hy gedink het nie. Ek sal beslis nooit in my lewe rooi wees nie. Wag gou, nie blou nie. Definitief nie. Geen manier nie. Of dalk. . .
Dit is sy gevolgtrekking nadat hy ’n kursus oor kleure gedoen het. Mense is blykbaar kleure – nie net is ons iewers op die spektrum tussen swart en wit aan die buitekant nie, ons persoonlikhede is ook glo ’n kleur. Die kleur aan die buitekant het al genoeg rusie in die wêreld veroorsaak – hang net aan ’n tak met die kleur aan die binnekant – laat ek eers asemskep.
Hoekom kan ons nie net hou by die bome nie, soos my ma in die goeie ou dae geglo het. Ek het pas vrede gemaak met die “denne-palm-status” wat my ma my op 15 gegee het, nou moet ek weer begin dink aan waar ek op die reënboog pas.
Die feit dat ons voortdurend die vier persoonlikhede probeer vervang en verbeter, sê tog iets van hoe akkuraat (of onakkuraat) dit is. In ’n wêreld met 8 miljard mense beteken dit dat jy en 2 miljard ander presies dieselfde is. Kom ons hoop Elon Musk en Bill Gates is ook een van my eie 2 miljard ander – indien niks anders nie, sal dit ten minste bemoedigend wees.
Maar nou kla die kleurmense en die boommense want almal is nie eenvouding rooi of ’n roosboom nie. Jy kan ’n palmroos, of ’n suurpalm wees of een van daardie soort goed. Dit maak 16 persoonlikheidstipes uit – ofte wel jy en ’n halfmiljard ander.
Die Myers-Briggs-persoonlikheidstoets identifiseer 16 verskillende persoonlikheidstipes wat met letters verteenwoordig word. Ek weet die lettermense is vir sommige ’n kopseer, maar om hulle te probeer miskyk, is onregverdig.
In ’n aanlyn forum sê iemand Myers-Briggs-astrologie is vir “nerds” en ek kan nie anders as om te lag nie.
Blykbaar moet jy gereeld die Myers-Briggs-toets doen om uit te vind wie jy in daardie oomblik is. Daardie is seker die beste raad wat ek al ooit met betrekking tot persoonlikhede ontvang het. Niemand van ons is vandag wie ons ’n jaar gelede was nie en as jy is, wil ek jou nie laat skrik nie, maar daar is dalk fout.
Dalk is ek volgende jaar wel die geelgroen wat ouboet geraai het, maar vir nou is ek volgens ’n aanlyn toets die rooi wat hy misgeraai het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie