Waarheen is stiptelikheid, maniere en respek?
Sê Maar Net
Ek wil graag weer bietjie gesels oor die ou jare, goeie maniere, respek vir ander en – in geheel – die opvoeding wat ek van my ouers ontvang het.
My ouers het ons kinders van ’n baie jong ouderdom af van Pünktlichkeit (stiptelikheid) geleer. Kyk, vir Duitsers is dit mos amper die grootste sonde wanneer iemand laat is – strafbaar met ses van die bestes.
Afhangende van met wie of waar die afspraak is, is jy 10 of 15 minute vroeër daar. Jy laat nie mense op jou wag nie, want jy is immers nie die koning van China nie. In jou kop is jy dalk so belangrik dat ander mense op jou kan wag, maar dit is net in jou kop en niemand gee om nie.
Dit gaan ook oor respek. Jy respekteer mense se tyd deur betyds te wees. Uiteindelik wil jy ook gerespekteer word en vir my persoonlik is dit ’n baie moeilike ding om te doen, want respek word verdien, dis nie ’n gegewe nie.
Respek het soveel bene, maar die een wat ons geleer het, is wanneer jy ’n kamer, vertrek, gebou, hysbak of wat ook al binnekom, groet jy die mense wat alreeds daar is. Net soos jy groet wanneer jy die vertrek eerste verlaat. Dié is in ons ingehamer. Jy groet, want die mense is voor jou daar en jy is nie die koningin van Spanje wat net kan inkom en gaan sit sonder woorde nie. Ek weet dinge is vandag baie anders en mense in die algemeen, veral die nuwe generasie, praat nie meer direk met mekaar nie, maar liewers op sosiale media. Ek hoor egter my ma sê: “Groet, of soek jy ’n klap? Netnou dink die mense jy het nie maniere nie en is sleg opgevoed.”
Ek ry soggens tussen ’n hoër- en ’n laerskool verby op pad werk toe. Hoërskool begin om 07:15 en laerskool om 07:30. Wanneer ek ná 07:30 daar verby ry, is ek elke oggend verbaas oor hoeveel hoërskoolkinders nog aangedrentel kom. Geen haas, want daar is deesdae geen gevolge nie.
Dit laat my so dink aan wanneer kinders in my tyd laat was. Nadat dit so die derde keer gebeur het, het die skool se sekretaresse in die klas ingekom en vir jou gesê die skoolhoof soek jou nou in sy kantoor. Die skoolmaats het almal skielik soos springhasies in die lig gelyk en jy is met groot oë vol medelye uit die klaskamer gevolg. Jy het sleepvoet na die kantoor toe geloop, waar jy moes verduidelik wat aangaan. Ek sien kinders nou nog om 07:40 aangedrentel kom. Geen maniere, geen respek, want al het jou ouers jou destyds laat afgelaai, het jy ’n toon geklap.
Die laerskool probeer nog nou en dan dissipline toepas. Die onderwysers staan op die trap en dan moet jy ’n rede gee vir die laatkommery en jou naam word opgeskryf. Jy kan sien hoe krimp die arme kindertjies wanneer hulle daar aankom en die juffrouens daar sien staan. Daar is niks wat hulle kan doen nie, want hulle is heeltemal te klein en hier kan slegs die ouers die skuld kry. Ek weet dinge is soms is net buite beheer, maar ek was dalk vyf keer laat tydens my hele skoolloopbaan.
Dit kom alles terug op Pünktlichkeit, respek en maniere. Jy is altyd stiptelik, jy respekteer mense (solank hulle dit verdien) en jy het maniere.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie