Waar's my Muis?
Ek het hom gekry toe hy skaars drie weke oud was en melk uit ‘n miniatuurtietiebottel gedrink het. Ek was eers vies oor dié rondomlelike gemmerkatjie wat iemand terstond sonder my toestemming by my woonstel aangedra het.
Ek het vantevore twee Gemmers gehad en ken hul unieke geaardheid.
Twee dae later het Rot saam in die bed geslaap. Op my bors met sy valerige babablou ogies. Rot was erg lelik met min haartjies en so ’n kaal rotstert. Van daar sy naam.
Drie weke later het Rot ’n totale gedaanteverwisseling ondergaan en was hy die mooiste babagemmer onder die son. Rot het hom nie net onder my vel ingewikkel nie, maar hom ook stewig in my heel binneste hartkamer tuisgemaak met sy fluitjiepurrrr en al. Toe is hy nie meer ’n aandrakat nie, maar My Kat wat ek met die grootste liefde en sorg vertroetel het.
Natuurlik het my gewete my oor “Rot” se naam gery. Muis was die oplossing. Ek onthou die dag by die veearts toe hy en Muisiekind se drome om kinders te verwek finaal gefnuik is. Voor ek en Tannie Reinet hulle by die veearts gaan haal het, was ek rasend van bekommernis oor my Muis.
Die verligting was groot toe hy springlewendig, maar ietwat dronkerig in sy mandjie aan my oorhandig word. “Hallo Muis, pa het jou verlang!” sê ek sonder om aan die ander ma’s en pa’s te dink wat ook vir hul dierekinders sit en wag. Die uitdrukking op dié mense se gesigte was onskatbaar.
Muis was toe maar vyf maande oud. Ons het ’n hegte band gehad. As hy nie op my bors gelê het nie, was dit langs my kop met een poot teen my slaap, neus of enige ander plek. Solank hy net aan my kon raak.
Toe ek in Junie 2020 na ’n beter plek trek waar hy en Muisiekind etlike hektaar veld gehad het om daagliks kattekwaad aan te vang, was Muis en sy in hul element. Die twee was ook onafskeidbaar. Al het sy hom van die derde dag af ná sy ongevraagde aankoms sinneloos geterroriseer en vodde gespeel.
Ek onthou hoe sy hom weerloos vasgedruk en hy soos ’n maer vark geskree het. Maar van ophou was daar geen sprake nie.
As Muisiekind hom vir ’n paar sekondes gelos het, het hy hom soos ’n tipiese wildewragtig opgewen en haar opnuut getakel. Natuurlik sonder enige sukses; om maar net weer op die mat vasgepen te word.
As ek ná werk met Goose by die huis aangekom het, was nie een van die twee daar nie. Maar ’n paar minute later was beide daar om my te kom groet, want hulle het my motorfiets se klank goed geken. As ek ’n bietjie laat was, het hulle geduldig vir my gesit en wag om hallo te sê.
Hy was ook ’n jintelmin. As ek vars kos in hul bakkie gesit het, was beide daar vir ’n eerste happie. Maar hy sou soos ’n wafferse opgevoede Gemmerkat sit of lê en wag dat Meisiekind eerste kan eet.
Sy nagtelike ekskursies is legendaries. As hy “uitgegaan” het, het hy my met ’n ligte byt aan die neus kom groet en met sy rustige fluitjiepurrr in my oor langs my kop op die kussing kom lê.
In die somer was sy nabylê kortstondig. Dan het hy op sy “hemelbed”, die ander kussing op die dubbelbed, langs my geslaap terwyl Meisiekind elders in die vertrek haar tuisgemaak het.
Ek het hom in Maart 2020 gekry. Hy is nou net meer as twee jaar oud. Vandag is my liefling Muis presies ’n maand weg nadat ’n hond hom in die erf gejaag het. Ek huil oor my kat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie