Wanneer gaan mý beurt kom?
Ek kuier die anderdag by vriende en later ook by my familie, waar ons begin wonder het oor die toekoms en wat dit nog vir ons inhou.
Ek het eers stilgebly terwyl almal oor hul beroepe gepraat het en toe ek ’n spreekbeurt kon kry, was ek huiwerig om te sê ek sou graag ’n sakevrou wou word.
Een van my tantes vertel so ewe haar kind is so slim dat hy met toe oë die horlosie se wysers kan uitken en die tyd kan instel.
Die ander belangrike eienskap wat genoem is, was besluitneming. As beamptes van groot ondernemings potensiële aansoekers vir ’n toonaangewende posisie moet keur, moet hulle besluite kan neem. Andersins is hulle van geen nut vir die onderneming nie.
“Aitsa!” sê een van die vroue in die kombuis, sy kan met haar eie twee hande ’n bloemiste word.
Dis op dié oomblik wat ek besluit het ek gaan ook vandag my sê sê. Ek sê toe vir die groepie dat ek wat Thusie is die beste fudge, popcorn, en lekkergoedverkoper is wat ek ken.
Die geselskap het toe weer vlot begin verloop en die slim mense het weer eens oorgeneem. Hulle het algemene boekekennis en politiek is nooit uitgesluit nie. Dis toe ek besef hoe baie mense is deesdae belese.
Dit bring my nou by my eintlike onderwerp wat die hele gesprek oorheers het. Slim is ek nou nie, maar met my twee hande kan ek iets maak en dis om dié rede dat ek my eie begin nou begin, al is dit redelik klein.
As ek moet terugsit en kyk hoe oupa Frans begin het en waar hy vandag is, dan is ek nie skaam om met my twee hande iets te maak, of ’n goeie sakevrou te wees nie. As vrou wil ek aanhou vorentoe beweeg, net soos baie ander vroue hier in ons geliefde Namibië al bewys het moontlik is.
Monica Geingos is een van diegene wat kop bo skouers uitstaan en daar is nog vele meer. Ek wil graag onafhanklik wees en self besluite neem. Soos vroue wat finansieel sterk staan en vir haar man sê: “Dit help nie dat jy nou met my saamstem nie, Hendrikkie, ek het klaar van opinie verander!”
Ek wil eendag – al is dit ook op ’n reëndag – my kop regop op my skouers kan hou en sê: “Dankie Here dat U vir my aan die hand gevat het, want sonder U sou dit nie moontlik gewees het nie.”
Ek is nou ’n suksesvolle sakevrou wat haar eie besluite kan neem. Moet ek opstaan as my wekker sesuur afgaan, óf moet ek nog tot negeuur lê en iewers by ’n spogplekkie ontbyt gaan eet? Dis lekker om te droom. Gelukkig word sommige drome waar. As ’n volwasse vrou moet ek soos ’n grootmens aan my toekoms dink en die bul by die horings pak. Ek is moeg om my kragte te verspil deur elke kwessie te oordink.
My leuse sal eerder wees: “Daar waar ’n wil is, is daar ’n weg.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie