Tanja Bause
Tanja Bause

Wanneer grootboet hom skaars maak

Tanja Bause
Die laaste twee jaar het die wêreld Covid-19 gehad en baie van ons het siek en weer gesond geword. Talle het seker gedink dit was die ergste siekte wat hulle nog onderlede gehad het.

Ek het ook vir ’n week in die bed gelê en uiters sleg gevoel, maar met die hulp van my dokter, pille en nogmaals pille en omgeemense, het ek dit gemaak.

Ek het onlangs brongitis gekry en is weer dokter toe. Sy vertel toe dat daar nie veel Covid-gevalle dié jaar is nie. Volgens haar het die virus besluit dit het genoeg amok in die twee jaar gesaai en besluit om eers weer iewers weg te gaan kruip.

Die virusse wat griep, verkoue, brongitis en longontsteking veroorsaak, het egter volgens haar kragte saamgespan en besluit aangesien grootboet nou uit die dorp is, sal hulle maar hul spiere bult.

“Jy kan enige griep- of verkouevirus by die naam noem, ons het dit vanjaar. Die hospitale is vol met mense en kinders wat die sogenoemde normale griep het, maar baie siek is. Ek het selfs mense met varkgriep in die hospitaal laat opneem. Daardie virusse wat vir twee jaar gerus het terwyl grootboet amok gemaak het, is nou uit hul hokke en in volle vaart.”

My een kollega het met longontsteking in die hospitaal beland en selfs vandag sowat drie weke later hoes sy nog steeds.

“Dit voel vir my asof ek aan my snot verdrink,” het sy met waterige oë vir my gesê.

Sy gaan nou vir die volgende drie dae ’n fisioterapeut sien wat haar longe en die slym gaan los klap.

Ek het ook vir die eerste keer in my lewe ’n fisioterapeut gaan sien en hoewel ek nie die volgende drie dae 100 persent gevoel het nie, dink ek tog daai geklappery het wel goed losgemaak en gehelp.

Maar dis nie net ek en die een kollega wat siek was nie, nog een lê in die bed.

Die kollega het erge sinus. Sy kry altyd sinus, maar nooit op dié skaal nie. Ons is dieselfde ouderdom en is van die generasie wat nog met ’n streng ma grootgeword het. Die ma wat as jy nie dodelik siek is nie jou nog steeds skool toe stuur. Die ma wat jou werk toe stuur al het jy die vorige nag tot sonop gekuier.

Dus werk sy altyd, al lê sy in haar bed sal sy ’n storie of twee stuur. Die keer dink ek sy is baie siek want die stories is min. So ek hoop sy lê en word gesond.

Ek het my eie raad wat ek natuurlik saam met my dokter se voorgeskrewe pille drink.

My ouma het in die volgende raad geglo: ’n Tot brandewyn of whiskey, die sap van verkieslik ’n vas uitgedrukte suurlemoen, (afhangende van jou soettand) een tot drie eetlepels heuning en as jy braaf is rasper bietjie vars gemmer in. Vul die koppe met kookwater en drink dit so warm as moontlik. Sluk twee Disprin en môreoggend as jy nie beter voel nie herhaal dit weer die aand. Dit is hoe my ouma en al haar kinders griep en verkoue oorleef het.

Ek en ’n vriendin glo weer aan kamp. ’n Warmwaterbottel is in die winter ’n moet, so ook ’n goeie slaapsak, uitstekende geselskap en lekker kos. Wanneer jy die oggend in die bos wakker word, vergeet jy dat jy siek is en ek glo jy word gouer gesond sodat jy die volgende naweek sonder ’n skuldige gewete vir twee dae kan kamp.

Wat ook al jou geheime raad of doepa is, ek hoop dit het jou gehelp en jy is gesond of vinnig op pad soontoe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!