Wanneer is ’n kleuter se maag vol?
As ek terugkyk na ’n jaar of twee gelede en ek vergelyk dit met die stand van my kombuiskaste op die oomblik, wonder ek hoekom dit permanent leeg bly.
Ek weet nie of die koeler weer wat ons op die oomblik ervaar ’n rol speel nie, want dan sien ek moeilikheid vir die winter wat voorlê. “Loeloe, ek is honger,” sê die jongste met ’n gekerm die oomblik toe hy sy oë oopmaak. Die twee het besluit my naam is Loeloe. “Ek ook,” word die oudste wakker. Die horlosie sê dis 04:36. Op ’n heilige Sondag.
Hulle versoek is ’n broodjie, een met grondboontjiebotter en een met Bovril. “Met jou regte botter. Daai wat so lekker proe,” sê hulle. Ek probeer hulle ompraat met televisietyd, maar hulle steur hulle nie daaraan nie.
Teen vyfuur wil hulle storie kyk. “Is dit tyd vir tee? Met heuning in,” wil hulle weet. Ek probeer weer slaap, terwyl die musiek van Paw Patrol speel. Halfses soek hulle pap. “Weetbix, asseblief. Twee groot stukke vir my,” sê die jongste en ek wens ek kan sy opwinding beskryf oor die tweede ete van die dag.
Een soek sy Weetbix heel, die ander wil dit só verkrummel hê dat ek wonder of daar nog voedingswaarde in is. Een soek net koue melk en gooi ’n tantrum omdat die pap te koud is. (Ja, en daarna maak die mikrogolf die melk weer té warm.) Die ander een soek kookwater oor en dan koue melk en dan moet dit vir 51 sekondes in die vrieskas gebêre word, “dan is dit medium. Soos Gouelokkies daarvan hou”, kry ek vroegdag al ’n les.
Dit is tyd vir ’n beker koffie. Toe die ketel op die stoof begin fluit, hardloop die twee met hul bekers nader. “Tee met heuning, asseblief.” Hulle papborde is leeg.
Halfsewe moet ek die deur oopmaak, want die twee wil buite gaan speel. Ek soek rus vir my siel en laat hulle buite rondhol, teen my bure se spyt. Dit gil en skree, soos net ’n kind kan.
Ek vra of hulle weer by die plaas wil gaan stap. “Die plaas se pad is altyd so ver van die kar af,” sê die oudste.
“Ja, my kind. Dis die idee van stap.” Maar hy is nie oortuig nie. “Ek wil eerder hier speel.” Die twee speel in die modder en ry groot klippe in hulle dump trucks aan; van die een kant van die erf na die verkeerde kant.
Teen agtuur het ek die kombuis skoongekry en een bondel wasgoed is klaar gewas. “Wat kan ons eet,” vra twee vuil modderbedekte seuntjies by die voordeur. “Ons gaan eers bad.”
Teen twintig oor agt is die twee skoon en het nog nie vergeet hulle soek weer kos nie. “Is dit nou tyd vir ’n snackie,” wil die oudste weet.
Ek bied gedroogte vrugte aan, maar daarvoor trek hulle hul neuse op. “Eerder ’n piesang,” onderhandel hulle. Maar die piesangs is pap. Ek oorreed hulle om te help om piesangmuffins te maak.
“Maar kan ons dit dan daarna eet,” vra die oudste. “Ja, my kind. Eet en word sterk.”
Teen die einde van die Sondag, met té veel wakkerure, het die twee peuters ’n brood, ses brötchens, ’n pot pampoensop en vier tjops verorber. En daar was steeds plek vir nog muffins en ’n ysie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie