No Image Caption

Wat beteken respek vir jou?

Augetto Graig
Respek is ’n eienaardige ding.

Die meeste mense begeer respek. Maar wat is die waarde van respek? Bring dit jou iets in die sak? Wel, dit kan soms.

Meestal is dit egter nie iets met geldwaarde nie.

Dit gaan liewer oor hoe mense jou benader, hoe hulle jou behandel, hoe hulle jou sien en oor jou voel.

Kom ons kyk na wat dit so besonders maak. Respek is iets waarna mense soek, maar dit is nie iets wat altyd maklik is om in die hande te kry nie.

Eerstens, omdat mense nie respek kan afdwing nie, kan jy dit nie gryp of vashou nie.

Respek moet verdien word, alhoewel almal jou respek verdien omdat jy nie weet wat dit van hulle kos om hier te wees nie. Jy weet nie wat hulle verduur of hoe hulle ly nie.

Dit is maklik om te oordeel, maar jou gevolgtrekking sal jou nie respek bring nie. Respek plaas ’n mens op ’n voetstuk, maar dit is onbeskof om op ander mense neer te kyk.

Almal verdien jou respek, maar sal enigiemand jou respekteer? Respek is iets wat ’n mens kry as mens dit weggee. Respek is iets wat mense behou as mens dit uitdeel.

Is dit nie snaaks nie? As jy vir respek vra, sal jy tien teen een dit verloor. As jy respek soek, is dit waarskynlik dat mense jou minder sal respekteer.

Jy moet jouself respekteer. Dit is noodsaaklik. Mense kan sien as jy jouself respekteer en sonder selfrespek is dit bitter moeilik om ander mense te kry om jou te respekteer.

Ek dink die ware waarde van respek lê in hoe dit jou benadering beïnvloed. Met ’n respekvolle benadering is dit baie makliker om tot begrip te kom, en sodoende die eindresultaat te bereik waarna jy soek.

Mense reageer gewoonlik nie positief wanneer hulle sonder respek benader word nie. So ook diere en die lewe oor die algemeen.

Respekteer die lewe en leer sy reëls. Jy word dan bemagtig om die reëls van die lewe te kan volg, te kan buig en selfs soms om dit sonder gevolge te breek.

Sonder respek sal jy nie maklik leer hoe die lewe werk nie. Sonder respek sal die lewe jou herhaaldelik laat les opsê. Die lewe sal jou respek leer.

Ook ten opsigte van die samelewing word respek geëis en daarop aangedring. Sonder respek maak mense baie maklik vyande. Deure word toegemaak weens ’n gebrek aan respek.

Geleenthede word weggeneem, voordele word teruggetrek. Respek is soos die olie wat jou lewe glad kan laat verloop. Sonder respek kan jy baie meer weerstand, baie meer moeilikheid verwag.

Teenstand ontstaan ​​weens ’n gebrek aan respek. Onenigheid kom uit disrespek. Sonder respek maak jy jou eie paaie toe.

Op die ou einde is dit alles baie eenvoudig: Om respek te hê moet jy respek kan toon. Gee jou medemens respek. Respekteer dit wat is.

Dit is hoe 'n mens respek kan verdien en kry, en behou. Respek bring respek. Praat respekvol, tree respekvol op, toon jou respek, leef respekvol.

Eenvoudig maar nie altyd maklik nie. Snaaks nê? Respek beïnvloed alles en sommige mense gaan so ver as om te sê respek is alles.

Wat beteken respek vir jou?

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-06-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 10° | 28° Rundu: 9° | 28° Eenhana: 11° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 25° Otjiwarongo: 9° | 24° Omaruru: 10° | 26° Windhoek: 7° | 21° Gobabis: 10° | 22° Henties Bay: 15° | 23° Wind speed: 16km/h, Wind direction: NW, Low tide: 02:11, High tide: 08:23, Low Tide: 14:17, High tide: 20:55 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:21, Low Tide: 14:15, High tide: 20:53 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:20, Low Tide: 14:15, High tide: 20:52 Rehoboth: 9° | 23° Mariental: 11° | 25° Keetmanshoop: 14° | 25° Aranos: 10° | 25° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 13° | 26° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 9° | 26° Mbabane: 9° | 21° Maseru: 5° | 15° Antananarivo: 5° | 19° Lilongwe: 12° | 24° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 7° | 21° Cape Town: 16° | 20° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 9° | 17° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 11° | 24° Harare: 9° | 21° Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.5 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.26 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.26 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.87/OZ UP +0.18% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 967.50/T UP 0.88% | Brent Crude Oil US$ 85.35/BBP DOWN -0.0097 | Platinum US$ 1 003.21/OZ UP +1.24% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 10° | 28° Rundu: 9° | 28° Eenhana: 11° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 25° Otjiwarongo: 9° | 24° Omaruru: 10° | 26° Windhoek: 7° | 21° Gobabis: 10° | 22° Henties Bay: 15° | 23° Wind speed: 16km/h, Wind direction: NW, Low tide: 02:11, High tide: 08:23, Low Tide: 14:17, High tide: 20:55 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:21, Low Tide: 14:15, High tide: 20:53 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 22km/h, Wind direction: N, Low tide: 02:09, High tide: 08:20, Low Tide: 14:15, High tide: 20:52 Rehoboth: 9° | 23° Mariental: 11° | 25° Keetmanshoop: 14° | 25° Aranos: 10° | 25° Lüderitz: 16° | 24° Ariamsvlei: 13° | 26° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 9° | 21° Lubumbashi: 9° | 26° Mbabane: 9° | 21° Maseru: 5° | 15° Antananarivo: 5° | 19° Lilongwe: 12° | 24° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 7° | 21° Cape Town: 16° | 20° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 9° | 17° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 11° | 24° Harare: 9° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.5 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.23 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.26 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.26 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1512.73 | USD to ZAR 18.24 | USD to ZMW 24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1764.53 Down -0.97% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13318.19 Down -0.28% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27766.27 Up +0.97% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.87/OZ UP +0.18% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 967.50/T UP 0.88% | Brent Crude Oil US$ 85.35/BBP DOWN -0.0097 | Platinum US$ 1 003.21/OZ UP +1.24%