Wat jy skiet, eet jy
Ek sit met ’n vrieskas vol wildsvleis nadat ek ’n paar naweke terug saam met ’n vriendin gaan jag het.
Nou voordat ek verder gaan, moet ek eers vinnig terugspring na my kinderjare toe.
My oupa het ’n plaas gehad en soos alle Namibiese kinders wat naweke en vakansies op ’n plaas deurgebring het, het ons ook ’n kettie, ’n windbuks en later ’n .22 gehad. Ons het blikkies geskiet en my ma was heeltemal oukei daarmee.
Die dag toe my nefie (die oudste van ons vier kinders) ’n voëltjie geskiet het, het dinge egter drasties verander.
Ons moes die vere uittrek, die binnegoed uithaal, ’n vuur maak, die voëltjie gaarmaak en eet.
“Wat jy doodmaak, eet jy. Jy maak nie dood vir die lekkerte nie,” het my ma gesê en ons het geëet.
Ek onthou toe ons by Goreangabdam gaan braai en klein vissies met ’n handlyn gevang het (daar gee ek nou my ouderdom weg). Ja, jy kon toe nog daar braai, visvang én die visse eet.
Ons het die vissies in ’n emmer met water gesit om vir ons ouers ons handearbeid te wys.
Ná ’n lang dag in die son het hulle egter gevrek voor ons by ons ouers kon uitkom.
Dit het egter nie saak gemaak nie, want dieselfde reël het hier ook gegeld. Die vissies was te klein om die skubbe te verwyder of om die binnegoed uit te haal. Dus moes ons hulle net so braai en eet.
Dit was amper soos kapenta. Ons het geskiet, visgevang, vuur gemaak en geëet. Dis een ding wat tot vandag toe deel van my is. Ek kan niks skiet of doodmaak met die wete dat ek dit nie gaan of wil eet nie
Ons het springbok, vlakvark en tarentaal tussen ons twee geskiet.
Met die tarentale het ons geweet ongeag wat mense sê en miskien hul neuse optrek, gaan ons hulle definitief eet.
So tarentaal is in ’n stoompot gesit en sag gekook. Ja, hulle word sag en nee, dit neem nie drie dae nie.
Daarna is die vleis gevlek en in ’n roomsous met aspersies en sampioene soos ’n chicken a la king voorberei en op rys bedien. Nadat die hele familie aan dié maal gesmul het, was ons teleurgesteld dat daar nie nog ’n tarentaal in die vrieskas was nie.
Toe kom ons by die vlakvark. Ons besluit om ’n blad en ’n boud in marinade te sit, in die oond te bak en in foelie toe te draai.
Verlede naweek het ons gaan kamp en die foeliepakkie met die vleis nog in bietjie marinade, op die kole gesit. Dit was sappig en vingerlekker. In Engels sê hulle “it was to die for”, maar ek wou glad nie ná dit doodgaan nie en het besluit dit moet eintlik wees “it was to live for”.
Nou gaan ons rookvleis, kassler en rolrib van die res van die vlakvark maak. Ons gaan dit wing. Ons het goed gevaar met ons eerste disse en ek is vol vertroue die res van die vark gaan net so smullekker wees.
Die springbokboud sal binnekort in die oond gesit word en dan na ’n paar ure met krokette, groenbone en soet wortels bedien word. ’n Glas of twee rooiwyn sal die maaltyd perfek afrond of altans so dink ek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie