Chris Vermaak
Chris Vermaak

Weelde skep magsbeeld

Sê maar net 30 jaar gelede
Mandy Rittmann
Chris Vermaak – Ek was besig om my te verluister aan die NBC-meisie wat aanhoudend na die “Danoep River” (Donube-Donau) verwys het, toe daar ’n gefladder by die venster is. Die hond se hare begin ook sommer rys en hy knor in die briesie wat deur die venster waai.

Ek paai hom ewe vriendelik want ek wis hy’s ontstel oor die mannetjie in die wit manelpak en die pluishoed wat kontant langs my kom sit asof hy nooit weg was nie. Hy is soos gewoonlik somber en treurig en snuif aanmekaar.

“Dis nie nodig om my hond so skrik te maak nie,” sê ek, “hy’s sensitief vir koloniale spoke.”

“Jammer,” sê hy, “ek het sommer kortpad gekies, maar dit lyk in elk geval of jy my verwag het, ek het aangevoel jy soek na ’n verduideliking.”

“Vir wat?” vra ek.

“Vir die Falcon en ander dinge,” sê hy. “Jy’t die wysheid van ervaring nodig, die kennis van ’n ou koloniale swerwer en waarnemer. Dit het hy Kwame Nkrumah begin, die nuwe Messias. Ek het bygestaan toe hy sy goue bad laat insit het, kompleet met goue krane, stort en spieëls. Goue kandelare. Toe volg die goue eetgerei. Naderhand was daar niks meer in daardie huis wat nie van goud was nie.

“Dié goud, kan jy maar sê, was sy magsimbool. Want dis nooit goed genoeg om net mag oor mense te hê nie; hulle is so verganklik en wispelturig. Jy kan byvoorbeeld nie een aan die strot vat en sê ‘ek besit jou nie’. Maar nou ja, die goud, dis nou aardse mag. Dit skep ’n gevoel van vrees en ontsag in Afrika en manne wat nie werklik groot is nie word daaroor groot geag. Dit dwing ook respek by die stembus af.

“Ek sien mos deesdae hoe hulle die groot rooi Mercedes verafgod waarin Mandela ry. Hulle vat daaraan asof dit een van hul voorvaders is. Samora Machel het Rusland toe gevlieg om sy uniform te laat maak. Maar ek is bietjie van koers af. Ek wil ook vertel van Mobutu Sese Seko van die ou Kongo. Hy steek al jare geld weg en hy’s waarskynlik die rykste heerser in die wêreld met paleise en gesogte villas in Europa. Hy het byvoorbeeld nou die dag uit sy eie sak sy leër se salarisse betaal omdat daar nie geld in die skatkis was nie.

“En kyk hoe lank is hy al aan die bewind terwyl sy mense krepeer. Hy het ook ander magsimbole. Elke keer as hy byvoorbeeld sy hare laat sny, kos dit hom en die belastingbetalers so R15 000, die afgelope agt jaar al. Hy’t net ’n bietjie hare wat hy onder ’n luiperdvelpet wegsteek. Jy vra hoekom die haarsny so duur is? Hy laat elke twee weke ’n haarkapper uit New York oorvlieg om sy dos te knip. As hy daardie pet afhaal, ritsel sy hare van die mag.

“Vir Jean Bedel Bokassa van die Sentraal-Afrika Republiek was dit weer ’n ander perversiteit. Om ware mag te voel, het hy aan ’n toordokter toevertrou, moes hy een van sy mense eet, wat hy dan ook gedoen het.

Kinders ook. Toe laat hy hom na die voorbeeld van Napoleon tot keiser verklaar en laat ’n goue koets vir die geleentheid bou.’n “Power freak”, soos die Engelse sê.

“Is daar ’n patroon in die dinge?” vra ek.

“Dikwels,” sê hy.” ’n Banale maar eenvoudige voorbeeld is die perverte wat vroue se broekies versamel, dit van die drade af steel, opgaar en snags daaroor kwyl. Dit versinnebeeld ’n soort mag oor vroue en daarna volg besit deur verkragting en moord. Ná die eerste magsimbool dus gevestig is, volg ander, soos byvoorbeeld ’n lugmag. Idi Amin het net een vegvliegtuig gehad, maar deur dit gedurig te laat rondvlieg, het hy die indruk geskep dat hy eskaders het. En almal het hom aanbid.”

“Ek begin verstaan wat jy bedoel,” sê ek.

“As ek jou kaarte reg lees, sien ek ’n lugmag daarin, dalk ook ’n vloot. Dalk een skip en een vliegtuig, een lugmaarskalk en een admiraal.”

Hy knik instemmend en hou sy hand uit vir my sakdoek om die biggelende trane uit sy oë te vee.

– 23 November 1992

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!