Wees dapper, eer jou hart
Astrid O’Callaghan – Hallo, pragtige siele!
Ek hoop dit gaan goed met jou en dat jy vol energie is. Soos altyd deel ek graag ’n sprankel of twee met jou, en watter maand was dit nie!
Terwyl ek graag al die magiese oomblikke sou wou deel wat my hierdie maand lig gegee het, bêre ek dit tot volgende keer. Hou maar dop – daar is heelwat om te deel!
Vir nou wil ek egter ’n ander tipe sprankel bespreek – een wat nie noodwendig die “lekker” soort was nie, maar wat steeds waardevolle insig gebring het. Soms leer die lewe vir ons lesse wat ons harte oopmaak, en hierdie maand het ek ’n les oor selfliefde en grense geleer.
Dit het alles begin toe ek een aand vir my kinders ’n boek oor grense gelees het. Die boek het verduidelik dat grense soos onsigbare borrels om ons is – borrels wat ons veilig laat voel en wat ons toelaat om te besluit wie naby ons mag kom.
Hoewel die boek oor fisieke grense gegaan het (soos wie ons toelaat om ons te druk of aan ons te raak), het ek begin uitbrei en my kinders ook van emosionele grense geleer.
Ek het vir hulle gesê dat niemand toegelaat moet word om jou te laat voel op ’n manier wat jy nie wil voel nie. Grense rondom jou hart is net so belangrik soos dié rondom jou liggaam.
Dit het my laat dink aan ’n baie kosbare vriendskap. Een keer per week bly ek by ’n vriendin in Dublin – sy het vir my soos ’n suster geword. Ons het een goue reël in ons vriendskap: ons kommunikeer ons grense.
Omdat ek haar liefhet en respekteer, kom dit natuurlik om haar grense te eerbiedig. En dit geld vir beide van ons. Ons loop nie op eiers om mekaar nie, maar verstaan mekaar op ’n dieper vlak. Ek voel emosioneel veilig by haar.
Maar, soos baie “nice” mense het ek soms toegelaat dat ander mense oor my grense trap, en ek het nie altyd my grense duidelik gemaak nie. Grense is nie daar om mense te beïndruk nie, maar om gerespekteer te word.
Onlangs het iemand tydens ’n persoonlike vergadering my grens oortree. Alhoewel ek nie glo dit was opsetlik nie, het dit seergemaak. Ek het kalm verduidelik hoe ek voel en dat my grens nie gerespekteer is nie.
Tot my verbasing het die persoon verdedigend geraak en my as die skuldige probeer uitwys. Ek het in absolute ongeloof stilgebly, en toe onthou ek ’n aanhaling deur Prentis Hemphill: “Grense is die afstand waartydens ek jou en myself terselfdertyd kan liefhê.” Hierdie aanhaling het my geanker.
Ek het gedink aan dr. Brené Brown se navorsing oor grense. In haar boek Atlas of the Heart sê sy: “Die hart van deernis is eintlik aanvaarding. Hoe beter ons onsself en ander aanvaar, hoe meer deernisvol raak ons.”
Maar sy leer ons ook dat ware deernis by die stel van grense begin en om mense vir hul gedrag aanspreeklik te hou. Ons kan nie regtig vir ander omgee as ons toelaat dat hulle oor ons loop nie.
Dit het my geleer dat hoewel grense belangrik is, verhoudings steeds gekoester kan word. Ek sien nie die persoon in ’n negatiewe lig nie.
Ons is almal besig om te leer, en hierdie was meer oor my eie behoefte aan selfliefde en om te leer dat dit vir my belangrik is om myself en my waardes te eerbiedig. Grense gaan nie oor afstand skep nie, maar oor die skep van ruimtes waar respek en liefde kan groei.
Dus, liewe lesers, ek wil jou uitdaag: wees dapper, stel jou grense duidelik en met respek. Onthou, ons kan nie ware deernis vir onsself of ander hê sonder grense nie.
* Astrid is ’n Namibiër wat saam met haar man en twee jong kinders in Waterford, Ierland, woon. Sy is passievol oor vrouebemagtiging en geestesgesondheid. Dié rubriek is deel van haar Be Brave Monthly Glimmer-inisiatief waar sy elke maand haar gedagtes, ervarings en raad per e-pos deel.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie