Wees eerlik met jouself
Ek dink die oorgrote meerderheid van die mensdom kan oor baie goed saamstem.
Maandae word nie aanbeveel nie; warm sop op ’n koue wintersaand maak winter die beste seisoen; en natuurlik as jy twee kortbroeke bo-oor mekaar by jou plakkies aantrek, is dit warmer as ’n lang sweetpakbroek.
Soos die Engelsman sou sê: “The basics.”
Ek het nog altyd geglo wat jy sien, is wat jy kry. . . met almal. Hoekom sou ons jok oor iets soos ons beginsels? Die antwoord is volgens die sielkundige Todd Rose redelik eenvoudig – ons wil om in te pas.
Hierdie is natuurlik een van die mensdom se mees primitiewe drange, en waarskynlik een van die hoofredes vir ons oorlewing as ’n spesie; as jy iemand sien hardloop, hardloop jy saam want hulle hardloop waarskynlik weg van iets wat jou lewe ook kan bedreig. Ek dink die mensdom besef dat ons krag in getalle lê, en dit kan wees hoekom ons psige ons oorreed om groepe te vorm.
Rose verduidelik in sy boek Collective Illusions: Conformity, Complicity, and the Science of Why We Make Bad Decisions dat die mensdom gesamentlik ’n paar leuens vertel en omdat die ander persoon voorgee, gee ons ook voor net om in te pas.
Van Rose se voorbeelde sluit studies oor individuele geluk in. As jy iemand op ’n openbare platform sou vra wat hulle dink sukses is, sou hulle die glansweergawe daarvan uitlig – roem, rykdom, blink rooi Ferraris, ’n paleis vir ’n huis; die “hondjie in die handsak”-leefstyl.
Sou jy hierdie persoon egter in ’n vertroulike omgewing vra wat hulle as sukses beskou, is jou eerste antwoorde iewers in pas met geluk, sterk familiebande, tevredenheid, stilte en ’n bevredigende loopbaan.
Nou goed, ek het jou toestemming gegee om eerlik te wees, maar wat is die skade nou eintlik?
Rose gee ’n voorbeeld dat hierdie verskynsel kan lei tot orgaanskenkings wat verlore gaan as gevolg van ’n konformiteitsdrang en is hierdie verskynsel waarskynlik een van die hoofredes vir “cancel culture”.
In ’n video vir Big Think oor dieselfde onderwerp het hy ook verduidelik dat die illusie dat die mensdom verdeel is selfs meer skade aanrig. Daar is wel krag in getalle, dit is juis hoekom ons sosiale diere is, en dus verloor ons krag wanneer ons verdeel word.
Die mense aan beide kante van die skeiding stem nie met mekaar saam oor ’n handjievol kwessies nie – waarvan die meeste hulle nie eens raak nie, maar as gevolg van die idee dat ons kante gekies het, is ons verdeel.
Dit raak egter nie net vir my en jou nie, “collective illusions” mag wel generasies na ons beïnvloed. Rose verduidelik dat een generasie se “collective illusion” die volgende generasie se interne waardes word.
Die les hier is dat jy nie so bang hoef te wees om jouself te wees nie. Jy mag eerlik met jouself en met die groep wees – die kinders sal jou dalk net bedank.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie