No Image Caption

#WeesNetLekker

Leandrea sê maar net – [email protected]
Kersfees loer om die draai, en vir my,wat hier aan die kus nog volstoom aan die gang is, sien ek dit as ’n kans om net asem te skep.

Teen hierdie tyd van die jaar is ons almal maar ’n bietjie moeg en verdien dit om net ’n blaaskans te vat.

Nou, hier aan die kus hardloop die enjins nog volstoom. Ons moet mos seker maak dat ons kykers en lesers weet wat hier gebeur en sommer net wys hoe lekker dit by die see is!

Ek en my kollega, Precious, is hierdie maand die aanbieders van Erongo Talk, een van baie televisieprogramme van Network Television.

Dinsdagoggend het ons besluit om ’n bietjie duine te klim op Langstrand. Terwyl ons op die duine was, het ons besluit om ons kykers aan te moedig om net #LekkerTeWees.

Elke dag gesels ons oor die nuus op die voorblaaie van die dagblaaie: Republikein, Namibian Sun en die Allgemeine Zeitung. Maar die nuus op die voorblaaie is dikwels nie lekker nie. Gelukkig gee die Republikein ons darem altyd daardie lig in die tonnel met ’n lekker voel-goed-storie op die voorblad.

Nietemin, soos ons gesels het, het die vraag ontstaan: Kan ons nie net lekker wees hierdie feestyd nie? Kan ons nie net ophou kwaad wees en selfsugtig optree vir die volgende week of twee nie? Groot asseblief!

Kan ons dalk met bietjie meer deernis en omgee teenoor mekaar optree? Kan ons by die spoedgrens hou en seker maak ons kom veilig by ons bestemmings sonder om te jaag en kanse te vat? Kan ons dalk net met bietjie meer geduld teenoor mekaar optree? Asseblief?

Met my kinders het ek gesien dat hard praat en skel nie altyd help nie. Soms werk dit om net mooi te vra – om asseblief te vra.

So ek vra mooi, kom ons wees die Kersfeesliggie in die mense rondom ons se lewens. Nietemin, met Kersfees wat volgende week hier is, wil ek vir jou, liewe leser, ’n geseënde Kersfees toewens.

Mag ons altyd die rede vir hierdie seisoen onthou: Jesus. Dalk is hierdie ’n moeilike Kersfees vir jou, want jy is ver van jou familie, of dit is dalk die eerste keer wat jy Kersfees bestee sonder ’n geliefde. Of dalk is jy net oor die jaar en wil iewers in ’n bolletjie kruip en wag vir beter dae – dit is ook okay!

Wat ook al jou planne vir die res van die jaar is, #WeesNetLekker.

NB: As jy lus is vir lekker geselskap en flou grappies, skakel in op Erongo Talk elke dag vanaf 12:00 op OneUpTwo en weer om 13:30 op DStv-kanaal 285 en GOtv- kanaal 25.

Kommentaar

Republikein 2024-12-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 28° Rundu: 21° | 33° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 19° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 17° | 34° Keetmanshoop: 16° | 34° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 15° | 34° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 17° | 29° Antananarivo: 16° | 28° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 37° Windhoek: 19° | 31° Cape Town: 18° | 24° Durban: 22° | 31° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 26° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!