Weg met orna-mentaliteit
Sê maar net 30 jaar gelede
Dis darem snaaks wat party mense vir ornamente aansien. Allerhande suiwer funksionele voorwerpe het vir hulle geen ander funksie as bloot dié van versiering nie.
En ek is stadig, maar seker besig om my geduld met dié siening te verloor.
As dinge ’n besliste funksie het en sekere mense verkies om daardie funksie ter wille van hul eie gemak mis te kyk en die funksionele voorwerp liewer as ’n ornament te sien, beteken dit dat hy die verantwoordelikheid om dié ding te gebruik op iemand anders afskuif. En die ergernis. Kom ons neem nou maar heel eerste die voorwerp waarvan ’n bespreking in hierdié rubriek seker volgens sommige mense nie gepas sal wees nie. Maar dit is ’n baie relevante saak, oor ’n uiters funksionele, noodsaaklike voorwerp wat oop en bloot in winkels te koop is en wat dikwels deur almal op hierdie aarde wat normale liggaamsfunksie het, gebruik moet word. ’n Toilet-borsel!
Dis ongelooflik hoe sku mense is om aan dié ding te vat. ’n Mens sou sweer dis ’n giftige slang of ’n oop elektriese kabel. Nee, hulle sien dit liewer aan vir ’n ornament wat spesiaal in kleinhuisies geplaas word om ’n atmosfeer van higiëniese versiering te skep. Na die duiwel met blertse en spatsels – ’n mens kyk mos net vorentoe in dié vertrekkie!
Dan is daar deurmatte. Snaakse goed om as ornamente te sien, maar ek het dit al baie keer beleef. Dis veral die mense wat weet dat hulle óf in modder getrap het, wat hierdié matjie soos ’n Persiese tapyt behandel. Die treë word eintlik gerek om oor dit te trap. Net om dan sleepvoet deur die res van die vertrek te gaan en die ”evidence” vir iemand anders te los om mee klaar te speel.
Asbakke is nog een van die voorwerpe wat net nie daarin kan slaag om mense te oortuig dat hulle beslis nie nét vir versiering rondstaan nie. Baie rokers het ’n heilige agting vir dié artikels en sien die hol plekke daarin blykbaar as ’n plek om kleingeld en skuifspelde in te bêre – of bloot sommer die estetiese, ornamentele lugleegte. Hul as en stompies beland eerder in jou potplante, blombeddings en toilet. Of sommer op die mat!
En dan my grootste van groot ergernisse. ’n Hek! Ek het met hekke grootgeword en het gedink ek weet wat hul funksie is. Selfs op ver plekke word hekke nuttig gebruik. Soos in Holland. Daar is nie eens heinings om party van die kampe waarin die skape wei nie, want watervore skei die kampe van mekaar. Maar elke kamp het ’n hek!
Maar onlangs het ek begin twyfel of ek die funksie van hierdie voorwerp reg begryp. Gaan kyk toe maar in die HAT. Dié sê dit is ’n beweegbare konstruksie wat as afsluiting van ’n deurgang dien. Dus, dit hou buite wat buite moet wees, en hou binne wat binne moet wees. As jy niks het wat jy binne wil hou nie en nie omgee dat die wat buite is, binnekom nie, het jy nie ’n hek nie. So maklik soos dit.
Of so het ek gedink totdat ek mense raakgeloop het wat dié voorwerp as die toppunt in ornamentele versiering sien. Dis soos die mense wat elke week die meubels in hul huise rondskuif vir afwisseling. Net so word met ’n hek gewerk. Een dag laat staan jy dit oop. Op ’n ander dag maak jy dit amper toe – net nie heeltemal nie. Dan wag jy eers ’n rukkie om dit toe te maak, net om doodseker te maak dat dit nie dalk beter oop as toe lyk nie. In die proses raak dit wat binne moet bly, verlore in die strate. Soos reunhondjies wat teefhondjies se geur op die wind bespeur.
Nee, man! Weg met die “orna-mentaliteit”! – 19 Oktober 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie