Welkom in Namibië
Wiesie Kotzé – Ek het gister die voorreg gehad om ’n oudskoolhoof van my uit Duitsland hier in Namibië te verwelkom.
Dit is nie sy eerste besoek aan Namibië nie, maar een waarna ons al lank uitsien. Namibië het ’n paar spesiale maniere om ’n mens te laat tuis voel. My gas het ’n paar maal angstig na die immer klimmende temperature gevra. En met gister se lieflike wolkies, koeligheid en vogreuk wat hang, was dit die toppunt van ’n vriendelike verwelkoming in Namibië.
’n Ander manier hoe Namibië ’n mens bewustelik of onbewustelik laat tuis voel, is baie mense wat raaksien dat jy nie van hier af is nie en dan die tyd neem om uit te vra wie jy is en waar jy vandaan kom.
Ek dink vir die meeste mense uit groot stede is dit soms vreemd, maar enigiemand van ’n kleiner plek waar almal IEMAND is, geniet die familiariteit onder die Namibiërs teenoor besoekers.
Toe ek self in 2011 hier opgedaag het, het dit vir my gevoel asof die gemeenskap so klein is dat ek onbekende mense se gesigte in Spar herken het wat ek al voorheen daar gesien inkopies doen het. Dinge het intussen al heelwat verander. Gemeet aan die talle voetgangers wat tans soggens en saans (en ook helder oordag) Sam Nujoma langs vanaf Klein Windhoek na die middestad se kant toe loop, lyk dit asof die toerismeseisoen steeds oop is en of dit goed gaan met die toerismebedryf. Vir diegene wat my nie volg nie, meestal toeriste en net enkele Namibiërs loop vrywillig helder oordag of enige tyd van die dag daardie bult uit. . .
Aan my gas: Die Independence Museum in Windhoek is ook iets om te beleef. (Ongelukkig was ek self nog nie binne in die museum nie), maar die restaurant bied wonderlike uitsigte oor die groter Windhoek-omgewing – veral vir toeriste wat hulself te voet moet orienteer. Asook ’n verskeidenheid aan tradisionele Namibiese geregte.
My gas het self ’n interessante geskiedenis. Hy was detyds betrokke as ’n geografiese raadgewer toe Suid-Afrika in 1994 nuwe provinsies uitgelê het.
Hy was verantwoordelik om die provinsiale grense te help vestig. In my eie skooljare het ek self ’n liefde vir aardrykskunde by hom geleer, en daar is geen beter plek op aarde vir ’n skolier van grond en aarde as Namibië nie.
Hulle toer beslaan ’n wye deel van Namibië wat verskeie van die land se biome dek, ek glo dit behoort vir hulle en vir hom spesifiek interessant te wees.
En dan die een been na die verre noordooste van Namibië, waarvan ’n mens nie die Caprivi-been in die skemer of in die nag moet ry nie.
Aan my gas: Daar is ’n Gondwana lodge in Ngoma in die Katima Mulilo-omgewing wat julle moet gaan besoek indien julle ’n kans of ’n tydjie het. Tussen die ontvangs en die kroeg is ’n sit-area met allerhande koffietafelboeke om te lees. Een van daardie boeke is die ontleding van die onderskeie rotsformasies in Namibië en die verskillende gebiede in Namibië waar dit voorkom.
Die boek is in Duits geskryf so jy sal dit met gemak kan inneem. Ek glo dat daardie boek steeds daar sal wees vir jou en dat jy dit dalk mag interessant vind oor ’n “Malawi Shandy”. (Bestel spesifiek daardie een, nie die Rock Shandy nie). Geniet die pragtige riviervloedvlaktes wat voor julle uitsprei en neem net ’n oomblik lank als rondom julle in voor julle verder ry.
En as julle daar iewers in Katima ’n Fortuner met ’n groepie mense teëkom waarvan die leier met ’n sterk Duitse aksent praat, en hy blyk om baie kennis oor aardrykskunde te hê – steeds ’n onderwyser in die vak – sê tog vir hom spesiaal welkom hier in ons pragtige Namibië.
Aan my gas: Welkom in Namibië, geniet die vakansie!
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie