Irené-Mari van der Walt
Irené-Mari van der Walt

Welkom in Namibië, ingevoerde musiektalent!

Iréne-Mari van der Walt
Met die terugkeer van ’n groot musiekfees is dit amper makietietyd vir musiekliefhebbers in die hoofstad en ek reken myself as een van hulle.

My kaartjie is al maande gelede gekoop en uitgedruk en in my laai gesit saam met al die ander papiere wat ek iewers in die nabye toekoms nodig sal hê.

Terwyl ek die dae opgewonde aftel vir ’n lekker musiekgeleentheid wat ek met vriende kan deel, bly daar steeds ’n deel van my oor as joernalis waar sommige musikante van buite ons grense ’n wrang smaak in my mond gelaat het.

Daardie deel van my is moeilik om te ignoreer wanneer dieselfde kunstenaar wat vantevore vir hulle gedra het asof hulle bo almal verhewe is, skielik op die verhoog glimlag en hulself as die vriendelikheid vanself voorgee.

Moet my nou nie misverstaan nie, daar is ’n paar gesigte wat op kykNET pronk vir wie ek my voordeur wawyd oop sal los, sou hulle dit nodig hê. Daar is vermaaklikheidskunstenaars wat my keer op keer verbaas oor hoe aangenaam hulle dit maak om saam met hulle te werk.

Soos Emo Adams wat by die Swakopmund Dorp van die Jaar-makietie aan die verkeerde kant van middernag ’n geselsie aangeknoop het oor ’n pel van my wat vir “Maak My Famous” ingeskryf het, al was die moegheid in sy oë en gesig sigbaar. Hoe meer ek verduidelik dat ek nou moet gaan, hoe meer word daar gesels. Ook soos Jak de Priester wat by die Outjo Wildsfees met ’n yslike glimlag groet en heerlik oor sy ervaring in Namibië gesels en dan nog die moeite doen om ’n jong Namibiese kunstenaar aan te moedig en raad te gee,

Of Jo Black wat hier en daar ’n grappie laat val het en daarna die tyd gemaak het om ’n gesprek met een van ons eie musikante aan te knoop en sy ondervinding te deel.

Dit ten spyte daarvan dat mens kon sien die arme man se oë dwaal elders, seker op soek na ’n plekkie om te rus.

Die mees onlangse voorbeeld is die dramaturg Elzabé Zietsman. Ek het nie lank met haar gepraat nie, maar die menslikheid straal uit haar uit.

Wanneer mens aan hierdie ontmoetings dink, is dit moeilik om dit te vereenselwig met daardie kunstenaars wat die Namibiese vlaktes en sy mense bekyk asof alles benede hulle is.

Jy ken seker die soort – neus in die lug. Hulle agent stuur gewoonlik ’n gedetailleerde e-pos aan die organiseerders van ’n fees wat hul vereistes uiteensit: kaviaar en Franse sjampagne; geen kinders naby hulle nie, geen kougom naby hulle nie, geen van die plaaslike plebs binne twee meter van hulle af nie, en wanneer hulle opdaag moet die rooitapyt uitgerol wees en die trompetgeskal moet begin.

Soms kan hierdie kunstenaars jou laat voel asof jy die seekoei in die dieretuin is en hulle die toeriste van elders is wat springmielies in jou hok gooi om jou aan te moedig om ’n toertjie vir hulle te doen. Dít is die kunstenaar wat saam met hulle kliek eenkant op ’n rusbank gaan sit en net die klomp Namibiese gediertes bekyk.

Die ironie van die saak is dat diegene wat jou soos ’n uitheemse skoudier laat voel, die eerste is om te deel dat hulle glo Namibië is mos maar net Suid-Afrika, maar bietjie noord.

Hulle sê hierdie op baie maniere, insluitend maar nie beperk tot “dit is mos maar eintlik dieselfde hier” (nee, dit is nie) of “wat is daar nou eintlik om hier te sien” (behalwe vir ons klomp uitheemse seekoeie, niks).

Dit laat my altyd wonder of ek te veel verwag – hulle is ook maar net mense en kan nie verwag word om altyd hul maskers van gemoedelikheid aan te hou nie. Wanneer is ’n vermaaklikheidster aan diens en wanneer is hulle af? Ek sou dink wanneer jy betaal word om iewers te wees, is jy aan diens. So daar waar die verhoog naby is, moet hulle dalk maar die masker aanhou.

[email protected]



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.45 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.82 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.51 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 586.91/OZ UP +1.07% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.82% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.82/BBP UP +2.49% | Platinum US$ 984.26/OZ UP +1.72% Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.45 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.82 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.51 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 586.91/OZ UP +1.07% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.82% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.82/BBP UP +2.49% | Platinum US$ 984.26/OZ UP +1.72%