Wenners lyk tog nie so
Sê maar net 30 jaar gelede
M-Net se Supersport-programme het ’n nuwe wêreld vir Namibië hier aan die gatkant van die elektroniese rewolusie geskep.
Ten einde laaste is ons ook in die kraal en uiteindelik kan gesonde geeste soos ek op Saterdagmiddae na sportprogramme op TV kyk eerder as om stadig maar seker vieslik getrek te raak in die een of ander sportklub of onder ’n doringboom langs ’n vuur.
Die lekkerste van alles vir my is om op ’n Saterdag na regstreekse uitsendings van wêreld-sportgebeure te kyk. Dit wat nie in die Saterdagprogram ingesluit kan word nie, volg Sondagaand ná Carte Blanche en as daar ook nie in dié tydgleuf plek daarvoor was nie, sal die gebeurtenis die een of ander tyd deur die week gebeeldsaai word.
As mens ongelukkig genoeg was om dit alles te mis, kan mens só maand later op die NBC se pogings begin konsentreer en dan die gebeurtenis weer sien.
’n Kykweer binne ’n kykweer binne nog ’n kykweer! Saterdag het ’n groot gees in die bokswêreld, George Foreman, ’n geveg gewen teen ’n ander swaargewig aanspraakmaker, Alex Steward. Dit was die ergste wat ek in my lewe ’n wenner sien slae kry het en ek kon nie help om te dink aan ’n boksgeveg wat ek eenkeer op ’n skou op Grootfontein gesien het nie.
’n Potgieter het langs die bokskruit gestaan – lekker warm en dit was nie omdat hy só geslaan is nie, hy het hom met yskoue bier self só warm gemaak – en toe die grootbek aankondiger vra wie vir die kampioen van die aand kans sien, het Pottie baie beskeie aangebied om te probeer.
Ewenwel, die kampioen het die geveg gewen, maar gelyk soos Foreman Saterdag ná sy oorwinning gelyk het. Pottie was ook nie meer mooi ná die geveg nie, maar hy het baie gehad om oor te praat en hy het lank daaroor gepraat.
Dit is hoe dit deesdae met die opposisiepers in Namibië gaan. Ná die “fight” lyk dit deesdae nie meer so goed nie, maar die slag is minstens gelewer.
Aan die einde van die dag is ’n oorwinning nie die enigste ding waaroor die stryd gaan nie – dis al!
Al is dit seer en al loop ’n man met blou oë en dik lippe van die toneel af weg, die lint en medalje om jou nek vertel die verhaal en maak al die seer sommer gesond.
’n Mens kry baie maklik respek vir iemand wat alles wat hy doen, voluit doen. ’n Man of vrou met ’n sending!
Die manier waarop dinge hier rond gedoen word, wek nog kommer en die geloof in hoe die resies gehardloop word in plaas van wie die resies wen, is in Namibië te sterk na my sin.
Dit is nie hoe wenners lyk nie en dis nie hoe hierdie land ’n wen-land gaan word nie.
Die pad is lank en die osse is moeg. Of sal ons liewer sê die twee oë is albei reeds toegeswel en die tiende ronde lê nog ses rondes ver. – 14 April 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie