No Image Caption

WhatsApps 15 Desember 2022

Mandy Rittmann
Ek wil vandag galbraak oor inwoners van Seniorpark se kuiergaste en kliënte. Moet asseblief nie op “No Parking Zone” parkeer nie asseblief. Jou voertuig se bande kan volgende keer afgeblaas word. Daar is reeds mooi vir jul gevra, maar jul luister nie. – Riëtte

Ek wil graag verneem of daar al iemand gesterf het van kliëntediens lewer? Kyk die ministerie die weet ons kan nie diens lewer nie. Ja, kyk daardie telefoon lui tot sy lui uitkom, maar antwoord word hy nie geantwoord nie, en dan kry die mense pay elke maand en verhoging plus 13de tjek goeters. Wat ’n skreiende skande, maar nietemin, dan kom kry jy die banke en private sektor. Liewe aarde mense, is julle doof van al die goed luister wat julle nie moet luister of is jy net lui. Ons is elkeen aangestel en word betaal om ’n diens te lewer. Mense kom by etse, julle ons kan nie so die maatskappy se tyd en geld mors nie. As jy nie wil werk nie, daar is horde mensies wat smag na ’n ou werkie. Nee regtig, kom by eto, raak julle nie bang. Ai hoe ha a!

Geagte inwoner. Vertel ons hoekom Seniorpark so vervalle is asseblief. Ons almal weet van die sekuriteit wat swak is. Kry asseblief jou prioriteite reg. Is mense soos jy wat veroorsaak dat alles tot niet gaan.

Aan die skrywer van die SMS, 13 Desember. Privaat maatskappye hoef nie pensioen te voorsien nie, Jy kan mos privaat pensioen uitneem soos ons almal. My seun het op 18 begin werk en het dadelik ’n klein pensioen uitgeneem, wat hy maandeliks laat aftrek. Jou toekoms en jou oudag is in jou hande, niemand anders s’n nie.

Hoe is dit moontlik dat die Marientallers die varswater opgebruik het, en dat die reservoir net 13% vol is? Nou het “water shedding” ons getref. Elke weeksdag 21:00 tot 05:00.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!