Wie betaal die rekening?
Dit het my onlangs opgeval hoe baie mense verbaas is oor die aantal vroue wat ’n loopbaan vir hulself in die media uitkerf.
Ek vind dit ironies dat dié mense wat verbaas is juis diegene is wat sal kerm oor vroue wat van stories hou. As jy goed is in iets dan doen jy dit mos nie gratis nie.
Soos wat vroue maar doen, word daar nou en dan geklets oor enigiets en alles en onlangs beland die konsep van romantiese afsprake in ons visier.
’n Kollega vra wie dink ons moet betaal as jy op ’n “date” gaan. Ek is ten volle ’n feminis, maar ek wil graag ’n tradisionele verhouding hê en dus is dit moeilik om te besluit wie moet betaal.
Wat die besluit nog moeiliker maak is die semi-feministiese mans in ons samelewing. ’n Man het omtrent ’n jaar gelede op ’n tweede afspraak amper my ore van my kop af gepraat oor die dubbele standaarde vir mans. Hy vra toe hoekom daar alewig van mans verwag word om vroue se persoonlike OTM’s (sy woorde, nie myne nie) te wees as vroue ook ’n inkomste verdien – en ek kan volkome sy punt insien.
Toe die rekening egter kom, dring die semi-feminis toe daarop aan om te betaal en na ’n paar minute se gekibbel stem ek toe in.
Toe die derde afspraak se rekening kom, dring ek aan om te betaal. Dit is ook net regverdig. Einde ten laaste betaal ons toe 50/50 en ek is nie heeltemal tevrede nie, maar ek hou meer van hierdie reëling as die vorige een.
Hy het nooit weer met my gepraat nie. Nie verduidelik nie, net niks weer gesê nie.
My generasie noem dit “ghosting” en ek blameer hom nie – ons het nie veel vir mekaar te sê gehad nie.
Die probleem met ghosting is dat Namibië so klein is dat ek net meer as ’n maand gelede iemand ontmoet het wat hom ken en die persoon lig my toe in dat dinge tussen my en mnr. Persoonlike OTM nie uitgewerk het nie omdat ek aangedring het om te betaal. . . Dit nadat hy gekla het dat daar alewig van die man verwag word om te betaal. Blykbaar het ek sy manlikheid verkleineer of iets van die aard.
Dit laat my toe wonder – wat op dees aarde wil mans nou eintlik hê? Ek sal betaal as jy dit so wil hê en ek sal jou laat betaal as dit vir jou ’n saak van manlikheid is, maar sê dan so. Toe ek onlangs een van my gunstelingprogramme Seinfeld weer kyk, praat Jerry Seinfeld en sy beste pel George oor die einste kwessie van wie betaal by ’n eerste afspraak en die gesprek eindig op “it’s nice to get a reach”.
Dit beteken die vrou moet maak asof sy wil betaal, maar sy moet asse-flippen-blief net nie betaal nie.
Waansin, is wat ek dit noem. Ek bly liewer enkellopend as om te probeer sin maak van hierdie kopspeletjie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie