Woord van die week
Woord van die week

Woord van die week

Sofapokkel (so-fa-pok-kel) s.nw., sofapokkels; sofapokkeltjie

Iemand wat luierig is en vir lang tye op ’n rusbank sit of lê, gewoonlik om TV te kyk, en wat dikwels oorgewig is vanweë kos wat te gereeld ingeneem word en ’n gebrek aan oefening; sin. sofapatat:

Jy kan steeds fiks word as jy ’n sofapokkel is of verslaaf is aan videospeletjies. Oefen voor die TV en stel ’n doelwit, soos 20 opstote voor die advertensies klaar is (Huisgenoot, 5 Jan. 2015, E).

Vir Amerikaners wat besig is om in sofapokkels te verander omdat hulle heeldag na die regstreekse TV-uitsendings van die O.J. Simpson-sage sit en kyk, is daar binnekort ’n heel nuwe verslankingsmiddel op die mark (Die Burger, 30 Sept. 1994, E).

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer