’n Man so na jou hart
Ek sê maar net 30 jaar gelede
Anna-Marie Steenkamp – Die man van die negentigs bestaan. Hy is nie ’n mite nie.
Dié man wat jou help om skottelgoed te was en sê: “Toe, gaan maak jou maar mooi. Ek sal die kombuis aan die kant maak.”
Dié man wat – as jy gedaan gewerk die huis instrompel – sê: “Moenie kos kook nie. Ons eet sommer broodjies.”
So ’n man betuig sy simpatie wanneer jy deur jou eie toedoen siek voel van te veel soetigheid eet. En hy is nie moeilik te kry nie. Maar dít kan lank neem om dié rare spesie vas te trek.
Lank en vol kronkels is die pad na die boerpot. Almal ongelukkig, die stopplekke langs die pad. Die meeste van hulle potensiële hartaanvalle vir pa en ma.
Daar is die ateïs wat sit en redekawel oor die aanwesigheid van God en duiwels en met die uitdaging kom: Bewys vir my dat God bestaan! Maar die Bybel is taboe as bewysdokument.
Vent, uit by die deur met jou! En daar is die jongeling wat net bekommerd is oor ’n mens se gesondheid. As jy sê jy kry soms tandpyn, is hy ontevrede. Laaste sien van die blikkantien.
Die dominee steek ’n prekie af: Soek jou ander helfte by die kerk.
Net omdat hy Mevrou Dominee by die kerk ontmoet het, wil dit nie sê jy gaan mnr. Reg ook by die kerk kry nie. Maar die dominee blyk ’n profeet te wees. . .
Uit die donker kom hy een aand by die kerk in die ligkring gestap. ’n Lang ligterige man met spikkeltjiesoë en ’n passie vir fantasiestories en ordentlike musiek.
Die vryery begin met die uitruil van fantasiestories. ’n Literêre siel vind fout met die geleende stories, maar nie met die man nie. Die storielesery brei uit na saam eet, na fliek, na kerk toe gaan.
“Mamma, ek het ’n man gekry!” G’n hartaanvalle dié slag nie.
En al die ou getroude vroue was reg: ’n mens weet sommer as jou ander helfte opgedaag het. Pasklaar. Hy bring vir jou ontbyt in die bed as jy nie betyds opgestaan kry om ontbyt te maak nie. Hy maak die bed op as jy nie kans gehad het om dit te doen toe jy uiteindelik sover gekom het om op te staan nie. Hy is vergewensgesind as jy hom onverdiend uitskel want “to err is human, to forgive is divine”.
Hy kies jou kant, al is jy verkeerd. Hy is nie grommig as jy hom van die bed af slaap nie.
“One enchanted evening. . .” – 20 April 1995

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie